Met ‘n wye verskeidenheid sportsoorte om van te kies, is daar ‘n plek vir elke leerling, maak nie saak wat hul vlak van vaardigheid, belangstelling of doelwit ook al is nie. Sport bou selfvertroue, selfbeeld, spanwerk en ‘n gevoel van behoort – ons glo dit is van kritieke belang vir die emosionele, sosiale en fisiese ontwikkeling van ons leerlinge.
Sport is veral geskik as ‘n manier waardeur lewenslesse geleer en ‘n mens se karakter ontwikkel kan word. Deur sport sal ‘n leerling leer om te wen en te verloor; om te weet wanneer om na meer te streef en wanneer om genadig te wees in nederlaag; om hulself te druk; om te lei sowel as om gelei te word; om as lid van ‘n span te dink; om aan te pas en saam te werk.
By Hoërskool Hoogenhout wil ons graag leerders se sporttalente optimaal ontwikkel. Dit sluit hoëvlakdeelname in 'n groot verskeindenheid sportsoorte in. Waar dit die skool se taak is om die leerder in sy totaliteit op te voed, vorm sport 'n belangrike deel van die opvoedingsproses. Vir sportuitslae en nuus besoek gerus ons sosiale media kanale.