Akademie

Hoërskool Hoogenhout

Akademie By Hoogies

Uitstekende onderrig, innoverende onderrigaktiwiteite en regverdige assessering is die middelpunt van die Hoërskool Hoogenhout-kurrikulumprogram.

Akademiese personeel ontwerp en lewer stimulerende leeraktiwiteite wat leerders se natuurlike nuuskierigheid en kreatiwiteit koester.

Opvoeders integreer die onderrig van inhoudskennis en vaardighede, saam met 21ste eeu en hoër orde denkvaardighede, binne ‘n ryk tegnologiese omgewing wat ons leerders voorberei om die volwasse wêreld met bekwaamheid en selfvertroue te betree.

Regdeur die Skool  is ons benadering tot leer innoverend, verryk en buigsaam, met die klem op sukses vir elke leerder.

Gr 8 - 9 Vakke

Afrikaans
Engels
Wiskunde
Tegnologie
Rekenaarvaardigheid
Kreatiewe Kunste
Menslike- en Sosiale Wetenskappe
Fisiese Wetenskappe
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
Lewensoriëntering

Gr 10 - 12 Vakke

Afrikaans
Engels
Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid
Fisiese Wetenskap
Tegniese Wetenskap
Tegniese Wiskunde
Ingenieursgrafika en -ontwerp
Meganiese Tegnologie
Sportkunde
Gasvryheidstudies
Toerisme
Rekenaartoepassingstegnologie
Geografie
Besigheidstudies
Rekeningkunde
Landbouwetenskap
Landboutegnologie
Lewensoriëntering
Ons Visie

Hoërskool Hoogenhout strewe daarna om ‘n innoverende en leidinggewende hoërskool te wees wat leerders geleenthede bied om met die nodige lewensvaardighede toegerus te word sodat hulle ‘n positiewe verskil in die samelewing kan maak.

Ons Missie

Ons wil ‘n omgewing skep waar elke leerder op akademiese-, geestelike-, kulturele- en sportvlak kan ontwikkel deur innoverende bestuur, mentorskap, personeelvoorsiening en -ontwikkeling, navorsing en eksterne samewerking.

Ons Waardes

Ons waardes word uitgeleef en bestaan uit verskillende inisiatiewe om ouers, onderwysers en leerders saam te snoer. Ons waardes is: verantwoordbaarheid, respek, integriteit, empatie, nederigheid en diensbaarheid.

Akademie Is Ons Besigheid

Hoërskool Hoogenhout is toegewyd aan uitnemende onderwys en die kweek van gebalanseerde leerders wat hulle plek in Suid-Afrika en die wêreld kan volstaan.
0

Your Cart Is Empty

No products in the cart.