

Hoogenhout Bond – HOK
Hoogenhout Bond bestaan uit ons alumni asook ons HOK lede.
As Alumni van Hoogenhout, maak kontak met ons om deel van ons alumni databasis te word, en sluit gerus aan by HOK (Hoogenhout Ondersteuners Klub) vir slegs R108 per maand.
Alle alumni kan gratis deel word van ons databasis, en sal ook kwartaalliks die Hoogie Heraut ontvang. Stuur ‘n e-pos na bemarking@hoogenhout.co.za om deel van ons alumni-databasis te word, ons wil graag met al ons alumni kontak hou.
ALLE persone kan ‘n HOK-lid word! Of u ‘n oud-Hoogie, trotse ouer van ‘n Hoogie, plaaslike inwoner, of selfs ‘n Hoogie liefhebber is, ALMAL kan deel in Hoogenhout se groei.
Voordele vir lede van die HOK (Hoogenhout Ondersteuners Klub):
- Stylvolle Hoogie-hoed.
- Hoogiebond sleutelhouer.
- Gratis toegang tot tuis sportbyeenkomste.
- Afslag op die huur van die Hotelskool vir funksies.
- Kwartaallikse nuusbrief met Hoogie nuus en hoogtepunte.
- ’n Koperplaatjie in die voorportaal van die skool, met jou naam, na 12 maande se lidmaatskap.
- Die voorreg om terug te ploeg in Hoogenhout se tradisie.
Vir donasies volg asseblief hierdie skakel
R108,00 / month