Hoërskool Hoogenhout

“Meer as net ‘n skool, dis ‘n leefwyse”

Hoogenhout Bond

As Alumni van Hoogenhout, maak kontak met ons om deel van ons Alumni databasis te word, en sluit gerus aan by HOK (Hoogenhout Ondersteuners Klub) vir slegs R108 per maand. ALLE persone kan deel word van HOK! Deel in Hoogenhout se groei.

Akademie

Hoërskool Hoogenhout is trots op die uitmuntende akademiese prestasies wat jaarliks behaal word.

Sport

Ons speel om te wen. Nie vir glorie nie, maar vir die trots van die skool. Met oorgawe, maar gedissiplineerd.

Kultuur

Daar is ‘n plekkie vir elke leerder hier by Hoërskool Hoogenhout om sy volle potensiaal te bereik hier in die kultuur-akker.

Ons Geskiedenis

Ná die Anglo-Boere Oorlog het die gemeenskap van Bethal hul kinders na die skool in die Samuelsaal gestuur as verset teen Lord Milner se Engelse tentskole.

Die tentskole het leeggeloop. Terselfdertyd het die skool in die Samuelsaal en die tentskole saamgesmelt in 1910, met mnr. P.I. Hoogenhout as die eerste hoof.  Die skool het só vining gegroei dat ‘n behoefte vir ‘n groter hoërskool ontstaan het.

Só word Bethal se Hogere Skool op 10 April 1918 gevestig, met die leuse Non Sibi Sed Patriae (Nie vir myself nie, maar vir my vaderland). 

Die skool is vernoem na mnr. P.I. Hoogenhout en is die eerste skool wat na ‘n privaatpersoon vernoem is.

Nou, 108 jaar later, is Hoërskool Hoogenhout steeds ‘n skool van uitnemendheid en sit ons ons trotse tradisies voort.

Dit is voorwaar ‘n besonderse voorreg om met meer as 100 jaar se geskiedenis te kan voortbou vir nog 100 jaar se Hoogies.

Hoogenhout Bond

As Alumni van Hoogenhout, maak kontak met ons om deel van ons Alumni databasis te word, en sluit gerus aan by HOK (Hoogenhout Ondersteuners Klub) vir slegs R108 per maand. ALLE persone kan deel word van HOK!

Voordele sluit in:

  • Stylvolle Hoogie-hoed.
  • Hoogiebond sleutelhouer.
  • Gratis toegang tot tuis sportbyeenkomste.
  • Afslag op die huur van die Hotelskool vir funksies.
  • Kwartaallikse nuusbrief met Hoogie nuus en hoogtepun­te.
  • ’n Koperplaatjie in die voorportaal van die skool, met jou naam, na 12 maande se lidmaatskap.
  • Die voorreg om terug te ploeg in Hoogenhout se tradisie.

Akademie Is Ons Besigheid

Afrikaans-Medium

Moedertaal-onderrig is vir ons belangrik en daarom doen ons moeite om Afrikaans deurlopend te gebruik en te bevorder.

Oop Vakkeuses

Kies uit ‘n verskeidenheid opwindende vakke. Ons doen veral moeite om in gr.10 oop vakkeuses moontlik te maak. Dit beteken dat leerders vakkombinasies kan neem wat nie by alle skole moontlik is nie.

Holistiese Ontwikkeling

By Hoogies is daar ‘n plekkie vir almal. Ons wil graag ‘n omgewing skep waar leerders nie net uitblink in akademie nie, maar ook ontwikkel en groei in leierskap, sport, kultuur en diensbaarheid.

Ons Visie

Hoërskool Hoogenhout strewe daarna om ‘n innoverende en leidinggewende hoërskool te wees wat leerders geleenthede bied om met die nodige lewensvaardighede toegerus te word sodat hulle ‘n positiewe verskil in die samelewing kan maak.

Ons Missie

Ons wil ‘n omgewing skep waar elke leerder op akademiese, geestelike, kulturele en sportvlak kan ontwikkel deur innoverende bestuur, mentorskap, personeelvoorsiening en ontwikkeling, navorsing en eksterne samewerking.

Ons Waardes

Ons waardes word uitgeleef en bestaan uit verskillende inisiatiewe om ouers, onderwysers en leerders saam te snoer. Ons waardes is: verantwoordbaarheid, respek, integriteit, empatie, nederigheid en diensbaarheid.

Sport

Met ‘n wye verskeidenheid sportsoorte om van te kies, is daar ‘n plek vir elke leerling, maak nie saak wat hul vlak van vaardigheid, belangstelling of doelwit ook al is nie.

Sport bou selfvertroue, selfbeeld, spanwerk en ‘n gevoel van behoort – ons glo dit is van kritieke belang vir die emosionele, sosiale en fisiese ontwikkeling van ons leerlinge.
Hoërskool Hoogenhout

Om die behoeftes van al ons leerlinge van graad 8 tot graad 12 aan te spreek, poog ons om;

Kuns En Kultuur

Bevorder die ontwikkeling van talent in kuns en kultuur.

Kulturele Aktiwiteite

Moedig kreatiewe gebruik van vrye tyd aan deur kulturele aktiwiteite te beoefen.

Ervaring

Die Hoogies se horisonne word verbreed met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite.

Potensiaal

Elke Hoogie kan sy/haar volle potensiaal bereik.

Geleenthede

Geleenthede te bied vir leierskap, inisiatief, verantwoordelikheid en selfagting.

Dissipline

By Hoogenhout skep ons 'n gedissiplineerde skoolomgewing wat leerders voorberei om hul plek in die wêreld vol te staan.

Hoërskool hoogenhout

Kultuur

Hoërskool Hoogenhout studente streef na kennis en konseptuele begrip in ‘n wye verskeidenheid vakke en word te alle tye aangemoedig om skakels te maak tussen hul leer en die wêreld waarin hulle leef.

Integriteit
0%
Lojaliteit
0%
Respek
0%
Ywer
0%
0

Your Cart Is Empty

No products in the cart.