Met die klem op die ontwikkeling van ondersoekende, kundige en sorgsame jongmense, verskaf ons die gereedskap om intellektueel, fisies, eties en emosioneel te ontwikkel op ‘n manier wat onafhanklikheid van denke en samewerkende werkpraktyke bevorder. Hoërskool Hoogenhout studente streef na kennis en konseptuele begrip in ‘n wye verskeidenheid vakke en word te alle tye aangemoedig om skakels te maak tussen hul leer en die wêreld waarin hulle leef.
Hoërskool Hoogenhout is bekend vir sy diversiteit van kultuur en talent. Ons aktiewe komponent van entoesiastiese leerlinge en opvoeders neem deel aan ‘n wye verskeidenheid dramatiese en visuele kunsdissiplines. Leerlinge tree op en kompeteer in vertonings, konserte en kompetisies op plaaslike, nasionale en internasionale vlak. ’n Verskeidenheid kompetisies en geleenthede deur die jaar moedig meer leerlinge aan om deel te neem aan die verskillende klubs en verenigings wat kulturele aspekte van die lewe omhels.
Hoërskool Hoogenhout strewe daarna om ‘n innoverende en leidinggewende hoërskool te wees wat leerders geleenthede bied om met die nodige lewensvaardighede toegerus te word sodat hulle ‘n positiewe verskil in die samelewing kan maak.
Ons wil ‘n omgewing skep waar elke leerder op akademiese-, geestelike-, kulturele- en sportvlak kan ontwikkel deur innoverende bestuur, mentorskap, personeelvoorsiening en -ontwikkeling, navorsing en eksterne samewerking.
Ons waardes word uitgeleef en bestaan uit verskillende inisiatiewe om ouers, onderwysers en leerders saam te snoer. Ons waardes is: verantwoordbaarheid, respek, integriteit, empatie, nederigheid en diensbaarheid.