OMSENDBRIEWE 2012
Kwartaal 2
Omsendskrywe 15
11 Mei 2012
AKADEMIE
Die eksamenrooster word vir u gerief hierby aangeheg. Stel ‘n studierooster vir u kind saam en skep rustige omstandighede tuis sodat u kind kan leer.
ACADEMIC
The exam timetable for this term is attached. Please work out a timetable with your child to make sure that he will start studying in advance.
AMBASSADEURSKNOPIE
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat die eerstes is om te kwalifiseer vir die wit ambassadeursknopie: Jano Fourie
Bridget Grobler
Kyla Joubert
Nadine Myburg
Suelean Laubscher
KARATE
Marlie Gouws het op 5 Mei aan die JKA karatekompetisie in Embalenhle deelgeneem en die volgende medaljes verower: silwer vir “Kata” en brons vir “Kumite”.
PUK-FINAAL
|
|
2012 (Ding mee teen 16 spanne) |
2011 (Ding mee teen 14 spanne) |
|
NETBAL |
14de: eindig bo Bastion en Anker |
13de |
|
RUGBY |
12de: eindig bo Brits, Riebeeck, Driehoek en Bastion |
13de |
|
HOKKIE |
11de: eindig bo HTS Vereeniging, Wonderboom, Anker, Riebeec-rand en Bastion |
9de |
|
TENNIS |
9de: eindig bo Jeugland, Wonderboom, Hugenote, Anker, Riebeeck, Vereeniging en Bastion |
6de |
|
GHOLF |
10de: eindig bo Wonderboom, Riebeeck, Anker, Brits, Bastion, Vereeniging |
13de |
|
LANDLOOP |
14de: eindig bo Brits en Witbank |
11de |
|
SKAAK |
13de: eindig bo Bastion, Wonderboom en Riebeeck |
13de |
|
ALGEHEEL eindig Hoogenhout 14de met 197 punte – kort op die hakke van Anker wat in die dertiende posisie met 198 punte eindig!
|
HOKKIE
Die volgende spanne het op 8 Mei 2012, teen Kriel ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel: O/16A wen 4/1
Eerstespan wen 7/1
NETBAL
Die B-spanne het op 8 Mei aan die eerste liga-uitdunne deelgeneem. Die volgende spanne dring deur na die streekskampioenskappe te Ermelo: Tweedespan
O/14B
O/17B
NET ’N PAAR GEDAGTES
By Hoogenhout maak ons daarop aanspraak dat ons sekere waardes by leerlinge vaslê. Vir menige van u is dit juis wat Hoogenhout laat uitstaan bo ander skole. Hierdie waardes is eintlik eenvoudige lewenswaardes wat op alle terreine in die samelewing van toepassing is. Elkeen van ons wil hê ons kinders moet eerlik wees, stiptelik wees, verantwoordelik wees, ’n pligsbesef hê, trots wees, betroubaar wees en so kan ons die lys uitbrei.
Die vraag is: wat leer ons ons kinders wanneer ons voor ons kinders negatief praat oor volwassenes (respek), afbrekend is teenoor instansies waarby die kinders betrokke is (trots), die reëls wil buig om persoonlike voordeel te kry (integriteit), dalk ‘n wit leuntjie vertel die dag as die skool sluit om vroeër te vertrek (eerlikheid)? Om ’n leerling vir onbenullighede uit die skool te hou, vertel iets van ons siening van pligsgetrouheid. Om nie aandag aan ’n leerling se netheid te gee nie, vertel iets van ons siening van trots wees. Om ’n leerling weg te hou van ’n sportdag, vertel iets van verantwoordelikheid en so kan ons aangaan.
Kom ons as volwassenes wees meer versigtig in ons optrede en besluite. Kom ons sê nie net wat gedoen moet word nie, maar wys self hoe dit gedoen moet word.
Omsendskrywe 14
4 Mei 2012
AKADEMIE
Die eksamenrooster sal met omsendskrywe 15 vir u gegee word.
STOEI
Andries Schutte wen ‘n goue medalje in Kaapstad by die SA Grieks-Romeinse Kampioenskappe in die junior-afdeling.
Alastair Rosslee (O/15) wen ‘n goue en ‘n brons medalje in Kaapstad by die Kadette-afdelings van die Grieks-Romeinse Kampioenskappe.
HOKKIEPROEWE
Die volgende dogters is verkies tot die Mpumalangaspan:
O/14 Janri Becker (reserwe)
O/16 Bianca Barnes (C/D-oefengroep)
O/16 Sonika du Plooy (A-span)
O/18 Sunette Lausberg (A-span)
O/18 Amke Britz (A-span)
RUGBYPROEWE
Die volgende spelers dring deur na die volgende rondte Puma-proewe:
O/18 Andries Schutte
Wayne de Waal
Michael Zondag
Christoff Ludeke
Neelsie Manuku
Johansie Bezuidenhout
Steven Jacobs
Donovan Marx
Christiaan Potgieter
O/16 Philani Nkosi
Bongani Phangisa
NETBALPROEWE
Die volgende spelers is opgeneem in die Gert Sibandespan:
O/14
Cecile Vermaak
Nicole Shepherd
Izahnri Möller
Dorah Mashaba
O/15
Kyla Joubert
Christelle Enslin
Fisiwe Ndlovu
Lindie de Vos
Zanelle Kennard
O/16
Germarie Hancke
Mariaan Hancke
Chanté Truter
Veleska Bodenstein
Carlien Kapp
O/17
Elzaan Buckle
Loyiso Mabuza
Sarlien de Beer
Theresa Theron
Chanté du Preez
Anika Bosch
O/18
Julia Wilken
Baie geluk aan al hierdie spelers – dit verg harde werk!
OPKNAP VAN DIE SKOOL
Die beheerliggaam is tans besig om spesiaal aandag te gee aan onderhoud en opgradering van die fasiliteite op die skoolterrein. ’n Prioriteitslys is saamgestel met geboue as eerste prioriteit. Die volgende indeling is gemaak: laboratoriums, administratiewe blok, saal, rekenaarklasse en ander klasse. Aandag sal gegee word aan die dakke, geute, plafonne, verfwerk, sowel as algemene instandhouding en die verbetering van die leeromgewing binne-in die klas.
Ander aspekte wat met verloop van tyd aandag sal kry is: palisades, sekuriteitshekke, pawiljoene, riool, watersisteme, netbalbane, tennisbane, atletiekbaan (klubhuis, randsteen, baanoppervlak, gewigstootsirkel en tartan by verspring), krieket (klubhuis, nette en blaaie) personeelkamerkombuis en tuine (besproeiing).
Indien u by enige van die projekte betrokke wil wees kan u gerus met die geboue en terreinkomitee in verbinding tree. Indien u oor enige kennis, en/of vaardighede, en/of middele beskik, of indien u enige voorstelle het wat die taak van die komitee kan vergemaklik, sal dit hoog op prys gestel word.
By voorbaat baie dankie aan die komitee vir die inisiatief wat deur hulle geneem word. Die komiteelede is mnr. Marthin van Vreden, mev. Ina Pretorius en mnr. Mario Enslin. Die skoolverteenwoordiger is mnr. Andries Storm.
Omsendskrywe 13
26 April 2012
AKADEMIE
Die toetsrooster is reeds met die vorige omsendskrywe vir u gegee.
ATKV-DEBATSKOMPETISIE
Die eerste rondte uitdunne is op Vrydag, 20 April 2012, deur Hoogenhout aangebied. Al ons deelnemende spanne het hul baie goed van hul taak gekwyt en Hoogenhout trots gemaak.
Dalene Grobler en F.A. Grobler is 1 van 2 Mpumalanga-spanwenners wat deurdring na die interprovinsiale semi-finaal. Hulle sal op 19 Mei te Rustenburg gaan deelneem.
NETBALPROEWE
Die eerste proewe was op Maandag, 16 April, by ons skool.
Zanell Kennard O/15, het ook deurgedring na die na die volgende rondte proewe!
HOKKIEPROEWE
Die volgende spelers dring deur na die derde rondte proewe:
|
O/18 |
O/16 |
O/14 |
|
Amke Britz Sunette Lausberg Johanke Smit Maryke Bekker Lebogang Xaba |
Rijna Keyser Sonica du Plooy Zuanke Jacobs Bianca Barnes |
Neldine Joubert Jandri Becker Chantelize Lloyd Casandrie Coetzee |
PUK-REEKS: SEMIFINAAL
Skaak
Die juniors het gewen. By die seniorspan het die twee juniors gewen.
Tennis
In die semi-finaal van die PUK-reeks klop ons juniors Wonderboom met 38 – 25. Hulle speel nou in die finaal vir posisie 9 en 10. Die seniors verloor ongelukkig teen HTS Witbank met 40 – 23. Hulle speel vir 7 of 8. Baie geluk!
Hokkie
|
SPAN |
WEN/VERLOOR |
TELLING |
OPPONENT |
|
|
O/14A |
Verloor (met penalty) |
1 |
3 |
Potch Gimnasium |
|
O/14B |
Loslootjie |
- |
- |
- |
|
O/15A |
Wen |
1 |
0 |
Wonderboom |
|
O/15B |
Wen |
2 |
0 |
Bastion |
|
O/16A |
Wen |
2 |
1 |
Die Anker |
|
O/16B |
Wen |
1 |
0 |
Die Anker |
|
TWEEDES |
Wen |
8 |
0 |
Bastion |
|
EERSTES |
Wen |
5 |
0 |
Bastion |
Netbal
|
SPAN |
WEN/VERLOOR |
TELLING |
OPPONENT |
|
|
O/14A |
Wen |
25 |
5 |
Bastion |
|
O/14B |
Verloor |
4 |
29 |
Garsfontein |
|
O/15A |
Wen |
11 |
9 |
HTS Witbank |
|
O/15B |
Verloor |
9 |
19 |
HTS Witbank |
|
O/16A |
Wen |
17 |
15 |
Die Anker |
|
O/16B |
Wen |
14 |
8 |
Die Anker |
|
TWEEDES |
Wen |
19 |
5 |
HTS Vereeniging |
|
EERSTES |
Verloor |
18 |
27 |
Wonderboom |
Rugby
|
SPAN |
WEN/VERLOOR |
TELLING |
OPPONENT |
|
|
O/14A |
Verloor |
12 |
30 |
HTS Vereeniging |
|
O/14B |
Verloor |
0 |
29 |
HTS Vereeniging |
|
O/15A |
Verloor |
0 |
27 |
Die Anker |
|
O/15B |
Gelyk |
12 |
12 |
Bastion |
|
O/16A |
Verloor |
0 |
22 |
Potch Gimnasium |
|
O/16B |
Verloor |
0 |
5 |
Bastion |
|
DERDES |
Verloor |
0 |
70 |
Die Anker |
|
TWEEDES |
Gelyk |
10 |
10 |
Bastion |
|
EERSTES |
Verloor |
12 |
28 |
Die Anker |
KASKAR-WEDREN: 11 MEI 2012
Ons het besluit om vanjaar vir fondsinsameling gedurende die tweede kwartaal ‘n kaskar-byeenkoms te reël.
Daar sal bane op die rugbyveld uitgesit word, elk met ‘n lengte van ongeveer 75m. Deelnemers sal in klasverband deelneem en u borg die aantal rondtes wat die klas binne 20 minute aflê.
Hierdie geleentheid beloof om heelwat genot vir almal te verskaf. Dit sal reeds om twaalf- uur begin. Ons nooi u almal om die byeenkoms en feestelike atmosfeer saam met ons te kom beleef en die spanne aan te moedig.
Omsendskrywe 12
20 April 2012
AKADEMIE
Die toetsrooster is reeds met die vorige omsendskrywe vir u gegee.
TOP 10
Baie geluk aan die volgende presteerders wat deel van die top tien vir die eerste kwartaal is:
|
GRAAD 8 |
GRAAD 9 |
|
|
Möller Izanhri |
Kaka Naseeha |
|
|
Becker Janri |
Barnard Christiaan |
|
|
Bhaga Bhavik |
Becker Verushka |
|
|
Calitz Talia |
Du Plooy Jacques |
|
|
Coetzee Pieter Christiaan |
Fourie Johannes Spies |
|
|
Grobler Marilet |
Grobler Bridget |
|
|
Hattingh Eugene |
Kennard Zanell |
|
|
Potgieter Charné |
Mtsweni Siyabonga |
|
|
Susan Hendrik Lochner |
Myburgh Nadine |
|
|
Van der Vyver Marie Antoinette |
Vallabh Tejas |
|
|
GRAAD 10 |
GRAAD 11 |
|
|
Storm Annalien |
Mistry Bhavika |
|
|
Coetzee Leanca |
Becker Maryke |
|
|
Erasmus Pieter |
Britz Amke |
|
|
Gina Teboho |
Du Preez Chanté |
|
|
Hancke Germarie |
Grobler Dalené |
|
|
Hancke Mariaan |
Heine Armand |
|
|
Hattingh Ruan |
Lausberg Sunette |
|
|
Maré Wilmarie |
Theron Theresa |
|
|
Norden Yolanda |
Van der Merwe Leané |
|
|
Van Vreden Jan Hendrik |
Van Rensburg Maritz |
|
|
Van Vreden Maruné |
Wieczorkiewicz Natalia |
|
|
GRAAD 12 |
||
|
Grobler Henko |
||
|
Breytenbach Leentjie |
||
|
De Vos Jaco |
||
|
Herselman Ruan |
||
|
Janse van Rensburg Jacques |
||
|
Lloyd Renaldo |
||
|
Marais Ianthé |
||
|
Oberholzer Armando |
||
|
Stafleu Johan |
||
|
Van der Merwe Yvonne |
||
|
Van Rooyen Francois |
||
MEJ. HOOGIE EN MNR. MACHO 2012
Ons mej. Hoogie en mnr. Macho-aand was ‘n groot sukses. Veral die finaliste wat deelgeneem het, het dit baie geniet.
Baie dankie aan die finaliste wat hierdie ‘n luiterrryke aand gemaak het. Baie dankie ook aan al die gr. 11-ouers vir hul harde werk!
Die wenners was soos volg:
Mej. Fotogenies: Sanita Pretorius
Mej. Persoonlikheid: Marizel Robinson
Mnr. Fotogenies: Johan Staffleu
Mnr. Persoonlikheid: Jaco de Vos
Mnr. Macho: Ruben Robinson
Tweede prinses: Christine Hanekom
Eerste prinses: Annabel Louw
Mej. Hoogie: Julia Wilkins
Baie geluk aan hierdie leerlinge.
SKYNHOF: “MOOT COURT COMPETITION”
Die kompetisie word georganiseer deur die Regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria. Die voertaal is Engels.
Dit behels ‘n skyn hofsaak wat die leerlinge moet bestudeer saam met al die betrokke wette en ander relevante sake.
Tydens die kompetisie tree hulle dan op as beide die Respondent en die Applikant, m.a.w. albei kante van die saak moet hanteer word. ‘n Groep van vier tot ses regsgeleerdes o.a. advokate, streeksmagistrate en regters vorm die beoordelaars. Tydens elke hofsaak mag die regters die leerlinge enige tyd in die rede val en word hulle gepeper met vrae oor die saak, wette en ander relevante sake.
Dit verg baie harde werk en ure se navorsing voor die tyd asook baie moed om voor ‘n paneel regsgeleerdes op te tree.
Xander Ehlers en Dalene Grobler het Saterdag, 14 April 2012, as die Mpumalanga-wenners geëindig!
Die Nasionale Kompetisie word van 27 – 29 April 2012 in Pretoria gehou, waar die twee beste spanne teen mekaar te staan sal kom in die Konstitusionele Hof in Johannesburg.
Die wenners ontvang elk ‘n beurs om Regte te studeer aan enige unversiteit in Suid Afrika.
Ons is baie trots op Xander en Dalene en hou styf duim vas vir die groot finaal!
GEBOUE EN TERREIN
Hiermee ons dank aan die beheerliggaam vir die inisiatief rakende die opknapping van die geboue en terrein. Die beheerliggaam is hard aan die werk om opnames van gebreke en voorstelle ter verbetering te maak. U is welkom om ook van u te laat hoor, indien daar dinge is wat u voel aandag moet kry (geboue en terrein). ’n Spesiale komiteevergadering word op 25 April gehou waar inligting geprioritiseer sal word.
Ons sal u op hoogte hou van die projekte en glo u sal hierdie pogings steun. Hoogenhout se sukses al die jare is te danke aan ‘n ouergemeenskap wat eienaarskap van die skool opneem en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan ten volle aanvaar.
SPORT
Die ligawedstryde van 25 April teen Hoërskool Ermelo, verskuif na 15 Mei 2012.
PUK-REEKS
Die Puk-reeks snel nou vinnig ten einde en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om ons ouers te bedank vir al hul lojale ondersteuning. Dankie vir kinders wat getrou oefen en dankie vir onderwysers wat baie tyd opoffer.
Ons is trots op al ons spelers en dankbaar vir die blootstelling voor ons met die liga begin.
PERDESPORT
Wilanri van Zyl en haar perd, Gypsey, het gedurende die vakansie deelgeneem aan die Mpumalanga Streekskampioenskap.
Sy het die volgende afdelings gewen: Dresseer vir Junior ruiters én Showing vir Junior ruiters
In die Elite 5 supreme kampioenskap is sy vierde geplaas. (Alle ouderdomme)
NETBALPROEWE
Die eerste proewe was op Maandag, 16 April, by ons skool. Baie geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die volgende rondte uitdunne:
|
O/14 |
O/15 |
O/16 |
O/17 |
O/18 |
|
Lucinda Ehlers Cecile Vermaak Annika Fourie Anzelle Ehlers Nicole Shepherd Tanya Joubert Izahndri Möller Dora Mashaba Mbali Dlamini |
Kayla Joubert Christelle Enslin Fisiwe Ndlovu Lindie de Vos |
Germarie Hancke Mariaan Hancke Chante Truter Nosipho Motha Simtho Moroe Veleska Bodenstein Tamarez Mabuza Carlien Kapp |
Elzaan Buckle Theresa Theron Loyiso Mabuza Chanté du Preez Anika Bosch Sarlien de Beer |
Julia Wilkins |
HOKKIEPROEWE
Die eerste proewe was op Woensdag, 11 April, by ons skool. Baie geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die volgende rondte uitdunne op Donderdag, 19 April 2012:
|
O/14 |
O/16 |
O/18 |
|
Kaylee du Plessis Erika Botha Celeste Urquhart Jandri Becker Chantelize Lloyd Anja Steyn Neldine Joubert Mareshan Crous |
Zunelde Greeff Zuanke Jacobz Leanca Coetzer Sonnika du Plooy Bianca Barnes Laruchelle Cornelius |
Maryke Becker Sunette Lausberg Cornel Botha Johanke Smit Amke Britz Lebohang Xaba Jessica Wessels |
Omsendskrywe 11
13 April 2012
KWARTAALPROGRAM
Die kwartaalprogram verskyn op die "Kalender-blad"
AKADEMIE
Die toetsrooster verskyn op die "Eksamen-blad". Werk saam met u kind ‘n rooster uit waarvolgens hy betyds kan begin leer.
SPORT
Tennis: Woensdag, 28 Maart 2012 vs. Hoërskool Noordheuwel
Die seniors wen met 36 – 27. Baie geluk!
Die juniors verloor met 42 – 16.
Karate:
Inus Botha gaan tydens die Julie-vakansie aan die Kimura Shukokai Internasionale Karate Wêreldkampioenskap in Amerika, Atlantic City, New Jersey, deelneem.
TOERE
Die netbal-, rugby- en hokkiespanne het almal groot baat gevind by die onderskeie toere.
Tydens die Hansie-week word ‘n O/19-span gekies wat neerkom op die beste speler per posisie. Andries Schutte en Christiaan potgieter is albei deel van hierdie prestige-spelers.
Die eerste hokkiespan het hul reeks gewen teen groot skole soos Wesvalia, Waterkloof 2, Noord Natal, ens. Amke Britz is aangewys as speller van dié toernooi.
Die eerste netbalspan wen hul wedstryde teen Standerton, CR Swart en Stella.
Sterkte vir hierdie kwartaal!
Kwartaal 1
OMSENDSKRYWE 9
23 MAART 2012
AKADEMIE
Ons herinner u weer aan die toetsreeks van Dinsdae en Donderdae. Skep ‘n rustige atmosfeer tuis waarin u kind kan leer.
SKOOL SLUIT: DONDERDAG, 29 MAART 2012
As gevolg van die wintersport van Donderdag waarvandaan ons eers laatnag tuis sal kom, het die skoolbestuur besluit om die skool reeds Donderdag te sluit. Die toetse van Vrydag verskuif dus na Donderdag waarna ons vertrek na Noordheuwel te Krugersdorp.
SCHOOL CLOSES: THURSDAY, 29 MARCH 2012
Due to the sports event which will take place on Thursday at Noordheuwel, Krugersdorp, we have decided to close the school on Thursday. The tests dated for Friday will be written on Thursday after which we will depart to Krugersdorp.
SPORT
Tennis: Vrydag, 16 Maart 2012 vs. Hoërskool Driehoek
Ons is baie trots op ons kinders.
Die seniors wen met 5 spelle. Hulle was gelykop voor die laaste wedstryd en wen die laaste wedstryd 7 – 2!
Die juniors het met net 1 spel verloor.
Skaak: Vrydag, 16 Maart 2012 vs. Hoërskool Driehoek
Die juniorspan het gewen.
Rugby: Saterdag, 17 Maart 2012 vs. Hoërskool Driehoek
O/14A wen 49 – 0
O/14B wen 5 – 0
O/15A wen 14 – 13
O/15B verloor 0 – 15
O/16A wen 24 – 3
Vierdespan verloor 5 – 7
Derdespan verloor 10 – 12
Tweedespan verloor 0 – 27
Eerstespan wen 12 – 11
Rugby: Dinsdag, 20 Maart 2012 vs. Morgenzon Landbou Akademie
Ons vierdespan wen hulle tweedespan 47 – 0
Ons derdespan wen hulle eerstespan 10 – 10
Netbal: Saterdag, 17 Maart 2012 vs. Hoërskool Driehoek
Eerstespan wen 19 – 16
Tweedespan verloor 11 - 26
O/17A wen 13 – 12
O/17B verloor 7 – 10
O/16A verloor 11 – 19
O/16B verloor 13 – 14
O/15A verloor 7 – 17
O/15B verloor 4 – 14
O/14A wen 15 – 14
O/14B wen 14 – 10
Hokkie: Saterdag, 17 Maart 2012 vs. Hoërskool Driehoek
O/14A gelykop 2 – 2
O/14B gelykop 1 – 1
O/15A verloor 0 – 8
O/15B verloor 0 – 4
O/16A verloor 0 – 5
O/16B verloor 0 – 5
Tweedespan verloor 0 – 3
Eerstespan verloor 1 – 4
OMSENDSKRYWE 8
16 Maart 2012
AKADEMIE
Ons vestig weereens u aandag daarop dat die toetsreeks se punte ‘n groot gedeelte van u kind se jaarpunt uitmaak. Maak asseblief seker dat u kind hard leer!
CHESS
On 3 March 2012, Mfundo Masiya participated in the Gert Sibande Chess Tournament in Secunda and took the first place. He received a gold medal.
ATLETIEK
Annabel Louw
het tydens die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe te Secunda die 400m gewen. Sy sal die Mpumalangaspan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap te Germiston verteenwoordig op 29 tot 31 Maart 2012. Voorspoed, Annabel!Die volgende leerders het ook deelgeneem aan die Mpumalanga Atletiek- kampioenskap te Secunda en goed presteer.
Chené Engelbrecht 100m, 200m Derde
Dreyfus van Heerden 400h, 110h Derde
Leané van der Merwe 800m, Vierde
400m, Derde
Jacques Jacobs 400m Vierde
Theresa Theron Skyfwerp Vierde
Thabo Dhlamini Driesprong Vierde
Tebogo Lukhele Verspring Vierde
Danelle Pentz Verspring, Driesprong Vierde
Elzaan Buckle 400m Vierde
Anzelle Ehlers 90h, 300h Vyfde
Sumari Enslin Spiesgooi Sesde
Hendrik Susan 300h Sesde
Cecile Vermaak Verspring
WINTERSPORT
Woensdag, 7 Maart 2012, vs. HTS Sasolburg
Tweede rugbyspan: wen 39 – 0
Eerste rugbyspan: wen 41 – 11
Saterdag, 10 Maart 2012, vs. Hoërskool Nelspruit en Penryn College
Ons het teen albei skole deelgeneem en al ons spanne het goeie blootstelling gekry.
HOKKIE: SKEIDSREGTERSEKSAMEN
Twee van ons afrigters het dié eksamen afgelê en puik presteer:
Mej. M. Beyers 76%
Mej. S. Cronjé 82%
Die volgende spelers het ook die eksamen suksesvol afgelê:
Rijna Keyser 70%
Sonnica du Plooy 74%
Marietjie Bergh 74%
Johanke Smith 70%
Suné Laas 72%
VERKIESING
Baie dankie vir u aandeel in die beheerliggaamsverkiesing. Die volgende lede is onbestrede verkies:
Baie dankie dat u bereid is om ‘n ekstra myl vir Hoërskool Hoogenhout te loop.
OMSENDSKRYWE 7
2 MAART 2012
AKADEMIE
Ons herinner u weer aan die toetsreeks – moedig u kind aan om hard te werk.
SPORT
Atletiek: Gert Sibande Byeenkoms – Saterdag, 25 Februarie 2012
Die volgende atlete het deelgeneem en gekwalifiseer om op 10 Maart 2012 aan die Mpumalanga Atletiek Kampioenskappe te gaan deelneem:
Annabel Louw 400m
Sarlien de Beer 400mh
Theresa Theron SW
Elzaan Buckle 400m
Jacques Jacobs 400m
Dreyfus van Heerden 400mh en 110mh
Hendrik Susan 300mh
Danelle Pentz VS & DS
Franco Oosthuizen HS
Chené Engelbrecht 100m en 200m
Sumari Enslin Spiesgooi
Cecile Vermaak VS
Neldine Joubert GS en Diskus
Anzelle Ehlers 90mh en 300mh
Leané van der Merwe 800m en 400m
Thabo Dlamini Hoogspring, verspring én driesprong
Stoei
Sarel Bester Ope, Saterdag, 25 Februarie 2012
Allistair Rosslee wen goud in die O/15-kadetafdeling
Leanco Stans wen brons in die Presidente vir Dames-afdeling: bo 9 jaar tot O/17.
Karate
Die volgende leerlinge het aan die “All Style Eastern Gauteng”-karate kompetisie deelgeneem:
Inus Botha Wen goud in kumite en silwer in kata
Emilio Habig Wen goud in kumite
Wintersport
Die vrienskaplike wedstryde van Saterdag, 25 Februarie, teen Piet Retief, was die ideale geleentheid om die kombinasies te toets en spanne uit te sorteer.
BEHEERLIGGAAMSVERKIESING
Ons herinner u aan die nominasievergadering van 14 Maart om 18:00 en die verkiesing van 15 Maart vanaf 13:00 – 19:00.
OMSENDSKRYWE 6
24 FEBRUARIE 2012
AKADEMIE
Die toetsreeks het reeds begin. Skep rustige omstandighede vir u kind om in te leer.
SPORT
ATLETIEK: INTERHOëR 2012
Ons dogtersspan eindig derde.
Die seunsspan het hul punte van 2011 na 2012 verdubbel.
Ons wen: 11 goue medaljes
20 silwer medaljes
23 brons medaljes
DIRIGENTE
Ons dirigente het hulle goed van hul taak gekwyt. Onder hul leiding het die sangatlete die sang baie geniet. Die dissipline van die hele groep was opvallend. Hulle is:
Julia Wilkins Kassie Prinsloo
Alicia Tredoux Johan Stafleu
Odelia Crozier Armando Oberholzer
Toppresteerders volgens die ASA-tabel:
Medaljewenners – besondere prestasies:
Annabel Louw 2 Goud 400m & 800m
Henko Louw 2 Goud GS & SW
1 Silwer SG
Amke Britz 1 Goud SW
1 Silwer GS
1 Brons Aflos
Nico Jonker 2 Goud Aflos & spiesgooi
2 Brons 100m & 200m
Hendrik Susan 1 Goud Aflos
2 Silwer 100h & 300h
Anzelle Ehlers 1 Goud Aflos
4 Brons 100m, 200m, 70h, 300h
Neldine Joubert 1 Goud GS
1 Brons SW
Andries Schutte 1 Goud SW
1 Silwer GS
Christiaan Vermeulen 1 Goud Aflos
1 Brons VS
Franco Oosthuizen 1 Goud HS
Izanhri Moller 1 Goud Aflos
Cecile Vermaak 1 Goud Aflos
1 Brons HS
Nicole Shepherd 1 Goud Aflos
Olwethu Mabuza 1 Goud Aflos
Sarlien de Beer 1 Silwer 400h
1 Brons Aflos
Sonnica du Plooy 2 Silwer 400h, aflos
1 Brons 200m
Marietjie Bergh 1 Silwer 800m
1 Brons 1500m
Pietman Erasmus 1 Silwer 800m
Christiaan Potgieter 1 Silwer SG
Danelle Pentz 1 Silwer VS
1 Brons DS
Louis Theron 1 Silwer SW
Jaco de Vos 2 Silwer 200m, aflos
Theresa Theron 1 Silwer SW
Leané v/d Merwe 1 Silwer 1500m
Mariaan Hancke 1 Silwer HS
Elzaan Buckle 1 Silwer 400m
2 Brons 200m, Aflos
Chané Engelbrecht 1 Silwer 100m
1 Brons 200m
Bianca Barnes 1 Silwer Aflos
Leanca Coetzer 1 Silwer Aflos
1 Brons 100m
Germarie Hancke 1 Silwer Aflos
Inus Botha 1 Silwer Aflos
1 Brons SG
Steven Jacobs 1 Silwer Aflos
1 Brons 800m
Jacques Jacobs 1 Silwer Aflos
Dreyfus van Heerden 2 Brons 110h, 400h
Christelle Enslin 1 Brons 300h
Teboho Gina 1 Brons 110h
Sunette Lausberg 1 Brons Aflos
Carlien Kapp 1 Brons GS
PERDESPRING:
De Wet Roets het aan ‘n perdespringkompetisie te Badplaas gaan deelneem en baie goed presteer: hy behaal die
Dit was die eerste been van die Mpumalanga Horse Society vir skole.
ALGEMEEN: Bibles for Believers
Hierdie fondsinsameling gaan vir leraars in Malawi. Daar is tans 3000 leraars wat studiebybels benodig. Elke R200-00 wat ingesamel word, voorsien een Chewa Bybel aan ‘n leraar.
U finansiële bydrae kan ‘n lewe verander!
OMSENDSKRYWE 5
17 Februarie 2012
AKADEMIE
Die toetsreeks begin reeds op 21 Februarie 2012. Maak asseblief seker dat u kind betyds begin leer.
PRYSUITDELING VIR AKADEMIE 2011
Ons gee graag die name van die Dux-leerlinge vir u:
Graad 8 (2011) Kaka Naseeha 92.9%
Graad 9 (2011) Coetzer Leanca 94.1%
Graad 10 (2011) Mistry Bhavika 91.4%
Graad 11 (2011) Stafleu Johan 85.7%
Elaine Le Roux graad 12 (2011) het 6 onderskeidings behaal en word met ‘n erepenning beloon.
Carmi Britz graad 12 (2011) ontvang ‘n erepenning vir die uitsondelike vakprestasie om die beste in die Gert Sibande -Streek te wees met Kuns en Kultuur.
Baie geluk aan hierdie leerlinge en hul ouers met hierdie puik prestasies!
VERKIESING VAN BEHEERLIGGAAM
Kyk uit vir die skrywe in dié verband.
ATLETIEK: PRESTIGE INTERSKOLE-BYEENKOMS
Ons eindig algeheel derde met hierdie byeenkoms!
In die kompetisie tussen die verskillende ouderdomsgroepe, vaar die volgende spanne goed:
O/14-seuns - tweede
O/14-dogters - tweede
O/16-dogters - derde
O/17-dogters - tweede
Andries Schutte ontvang die trofee vir die beste prestasie in worpe.
Ons ontvang 17 goue medaljes, 22 silwer en 27 brons.
Die volgende atlete wen goue medaljes:
Andries Schutte GS & SW
Annabel Louw 800m
Elzaan Buckle 400m
Amke Britz GS & SW
Maryke Becker 1500m
Vuyo Shabangu 800m
Louis Theron SW
Anzelle Ehlers 90mh
Neldine Joubert GS & SW
Henko Louw GS & SW
Nico Jonker SG & 100m
Seuns O/14-Aflos
TOP 10 van hierdie byeenkoms:
Dreyfus van Heerden 400h 120 ASA-punte
Steven Jacobs 800m 80
Neelsie Manaku 400h 60
Jonathan Middelbrook SW 50
Vuyo Shabangu 800m 33
Amke Britz SW 200 ASA-punte
Elzaan Buckle 400m 100
Maryke Becker 1500m 86
Chanté du Preez 1500m 68
Sarlien de Beer 100h 50
TUKS TOP 10-SPAN – 15 Februarie 2012
Elzaan Buckle
Theresa Theron
Amke Britz
Carlien Capp
Anzelle Ehlers
Neldine Joubert
Andries Schutte
Steven Jacobs
Hendrik Susan
Nico Jonker
Henko Louw
Andries Schutte Brons medalje GS
Hendrik Susan Brons Medalje 300h
Amke Britz Vierde SW
Theresa Theron Sewende SW
Die volgende twee atlete behaal goeie ASA-punte:
Nico Jonker 100m 763 ASA-punte
Hendrik Theron 90h 804 ASA-punte
PROJEK: " BIBLES FOR BELIEVERS"
Ons gaan vanaf 24 Februarie tot 2 Maart 2012, ‘n projek loods om geld in te samel vir Christene wat nie bybels het nie. Spaar solank om hulle te ondersteun.
SLUITKASSIES
Ons loods ‘n sluitkas-projek by die skool waar leerders ‘n sluitkas (locker) kan huur vir die hele jaar. Leerlinge kan hul sportklere, handboeke en ander items hierin bêre.
Hulle kom in drie groottes en het dus drie verskillende pryse:
Klein R400-00 per jaar
Medium R500-00 per jaar
Groot R600-00 per jaar
U is welkom om reëlings te tref vir maandelikse betaling.
OMSENDSKRYWE 4
10 Februarie 2012
AKADEMIE
U kind het reeds met die vorige skrywe die toetsrooster ontvang. Skep asseblief rustige omstandighede tuis sodat u kind betyds kan begin leer.
SPORT
ATLETIEKBYEENKOMS: HTS WITBANK – VRYDAG, 27 FEBRUARIE 2012
Hoogie-atlete verbeter 6 rekords!
Neldine Joubert D/14 GS
D/14 SW
Anzelle Ehlers D/14 90m Hekkies
Henko Louw S/14 SW
Danelle Pentz D/19 DS
Theresa Theron D/17 GS
Vier atlete (2 seuns en 2 dogters) wat per itemgroep die beste ASA-punte behaal het:
|
ITEM |
DOGTERS |
SEUNS |
|
WORPE |
Neldine Joubert Theresa Theron |
Andries Schutte Louis Theron |
|
HEKKIES |
Anzelle ehlers Sonnica du Plooy |
Hendrik Susan Dreyfus van Heerden |
|
NAELLOPE |
Elzaan Buckle Leanca Coetzer |
Divan Clur Nico Jonker |
|
SPRONGE |
Izanhri Moller Danelle Pentz |
Franco oosthuizen - |
|
MIDDELAFSTANDE |
Marietjie Bergh Maryke Becker |
Steven Jacobs Dewald Harding |
TOP 10 – TUISBYEENKOMS: 1 FEBRUARIE 2012
Ons is trots op die feit dat ons vanjaar drie spanne kon inskryf in die kompetisie en glo dat die blootstelling vir hulle almal goed was.
Ons A-span eindig 13de uit 35 spanne!
Goeie prestasies:
|
NAAM |
ITEM |
PUNTE |
| Amke Britz Neldine Joubert Andries Schutte Anzelle Ehlers Theresa Theron Carlien Kapp Elzaan Buckle Steven Jacobs |
SW GS GS 300H GS GS 400M 400M |
748 806 777 727 782 744 717 720 |
MEDALJES: Annabel Louw Silwer 200m D/19
Goud 400m D/19
Dreyfus van Heerden Brons 400h S/17
STANDERTON-BYEENKOMS: 3 FEBRUARIE 2012
TOP 10 –atlete van hierdie byeenkoms:
|
ATLEET |
ITEM |
OUDERDOM |
ASA-PUNT |
|
|
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10
|
Neldine Joubert Carlien Kapp Amke Britz Andries Schutte Theresa Theron Laruchelle Cornelius Steven Jacobs Hendrik Susan Christelle Enslin Sarlien de Beer Inus Botha Elzaan Buckle |
GS GS SW GS GS GS 400M 100H 300H 400H 100M 200M |
D/14 D/16 D/17 S/19 D/17 D/16 S/19 S/14 D/15 D/17 S/19 D/17 |
829 809 799 772 769 766 741 740 705 703 703 703 |
Baie geluk aan die O14-aflosspan (Seuns) met ‘n mooi wen!
O/14-, O/16-, O/17- en O/19-dogtersaflosse kry derde plekke.
Carlien Kapp het die GS D/16-rekord verbeter – mooi só, Carlien!
OMSENDSKRYWE 3
3 Februarie 2012
AKADEMIE
Die toetsrooster vir die eerste kwartaal verskyn op die "Eksamen-blad" Stel ‘n studierooster saam en maak seker dat u kind betyds begin leer, hierdie toetspunt maak ‘n groot deel van u kind se jaarpunt uit!
VLR (KLASLEIERS)
Baie geluk aan die volgende leerders wat as VLR-lede verkies is:
|
VLR-LEDE 2012
|
||
|
GRAAD 8 A1 GRAAD 8 A2 GRAAD 8 A3 GRAAD 8 A4 GRAAD 8 E1 |
ALBERTUS RICHTER NICO JONKER CHRISTIAAN VERMEULEN ETHAN GRADIDGE THANDO MBATHA |
TANYA JOUBERT TALIA CALITZ NICOLE SHEPHERD JANRI BECKER LUNGILE MASHABA
|
|
GRAAD 9 A1 GRAAD 9 A2 GRAAD 9 A3 GRAAD 9 A4 GRAAD 9 E1 |
TIMO KLAASEE COOPER VAN WYK DUHANN DU PREEZ STEPHAN JOUBERT SIYABONGA MTSWENI |
LINDIE DE VOS ARMANDO DU PREEZ ADRINé MARITZ KYLA JOUBERT UYANDA MASANGU
|
|
GRAAD 10 A1 GRAAD 10 A2 GRAAD 10 A3 GRAAD 10 A4 GRAAD 10 E1 |
IVANN VENTER LOUIS FOURIE FRANCO OOSTHUIZEN FRANCOIS DE WET MICHAEL MC MASTER |
WILMA MARé ANDRIA DU PLESSIS GERMARIE HANCKE VELESKA BODENSTEIN NONKONZO ZWANE
|
|
GRAAD 11 A1 GRAAD 11 A2 GRAAD 11 A3 GRAAD 11 A4 GRAAD 11 E1 |
FA GROBLER ARMAND HEINE CHRISTIAAN POTGIETER XANDER EHLERS SIPHOSETHU NTLANE |
AMKE BRITZ DALENE GROBLER CARA POTGIETER PETRA GORT NOMFUNDO MASEKO
|
|
GRAAD 12 A1 GRAAD 12 A2 GRAAD 12 A3 GRAAD 12 A4 GRAAD 12 E1 |
JAQUES JACOBS HENKO GROBLER FG FOURIE MARNUS J/V/VUUREN VICTOR MOKWENA |
CORNELIUS PRETORIUS JEANDERé PRINSLOO YVONNE V/D/MERWE JULIA WILKINS ZINHLE MAHLAMBI
|
SLUITKASSIES
Ons loots ‘n sluitkas-projek by die skool waar leerders ‘n sluitkas (locker) kan huur vir die hele jaar. Hulle kom in drie groottes en het dus drie verskillende pryse:
Klein R400-00 per jaar
Medium R500-00 per jaar
Groot R600-00 per jaar
OMSENDSKRYWE 2
27 Januarie 2012
AKADEMIE
Tydens die Departementele prysuitdeling ten opsigte van die graad 12-uitslae, het ons skool die volgende toekennings ontvang:
· ‘n Trofee en ‘n sertifikaat vir Uitstaande Akademiese Prestasie
· Carmi Brits is die Top-presteerder in die vak Kuns en Kultuur in die Gert Sibande-streek.
Baie geluk aan Carmi, en haar ouers. Baie geluk aan haar onderwyseres, mev. O. Crozier, vir haar aandeel in die sukses.
HANDBOEKE
Ouers moet asseblief toesien dat handboeke oorgetrek word. Ons ly jaarliks skade met handboeke wat nie opgepas word nie.
KULTUUR
Leandri Diedericks se inskrywing vir die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie is as een van die tien beste inskrywings geïdentifiseer. Die kompetisie is in 2011 nasionaal onder hoërskoolleerlinge aangebied. Leerlinge is genooi om ‘n liriek met die tema “Basta! My voetspore is in Afrika” te skryf.
SPORT
Atletiek
Ons interhuis het reeds op Maandag, 23 Januarie plaasgevind.
Die volgende leerders is aangewys as dirigente vir die Interhoër: Odelia Crozier
Jeaderé Prinsloo
Alicia Tredoux
Julia Wilkins
C.R. Hugo
Johan Stafleu
Nuwe rekords:
D O/14 Gewigstoot: Joubert Neldine 10.03m
S O/14 400m: Richter Albertus 58.16
S O/14 Diskus: Louw Henko 36.10m
D O/17 400m Hekkies: De Beer Sarlien 80.10
S O/17 Skyfwerp: Potgieter Christiaan 53.52m
S O/19 Diskus: Schutte Andries 47.18m
Kleurspantrofees
|
TROFEE |
ITEM |
DOGTERS |
JNR/SNR |
|
Skillful Services Wisseltrofee |
Beste middelafstand |
Zelmarie van der Merwe |
Junior |
|
Elandrie Drotsky Wisseltrofee |
Annabel Louw |
Senior |
|
|
Switchgear Wisseltrofee |
Beste veldatleet: spronge |
Cecile Vermaak |
Junior |
|
Heine Konstruksie Wisseltrofee |
Sarlien de Beer |
Senior |
|
|
|
Beste veldatleet: worpe |
Neldine Joubert |
Junior |
|
|
Theresa Theron |
Senior |
|
|
Bonanza Mica Wisseltrofee |
Beste Baanatleet |
Anzelle Ehlers |
Junior |
|
In Positioning Machining Wisseltrofee |
Sonnica du Plooy |
Senior |
|
|
WB v/d Merwe Wisseltrofee |
Beste hekkiesatleet |
Anzelle Ehlers |
Junior |
|
|
Sarlien de Beer |
Senior |
|
|
|
Veelsydigste atleet |
- |
JNR / SNR |
|
|
Victrix Ludorm |
Anzelle Ehlers |
Junior |
|
|
Sarlien de Beer |
Senior |
|
TROFEE |
ITEM |
SEUNS |
JNR/SNR |
|
WMPG Eiendomme Wisseltrofee |
Beste middelafstand |
Albertus Richter |
Junior |
|
Mediese Sentrum Apteek Wisseltrofee |
Pieter Erasmus |
Senior |
|
|
Pieter Streicher Wisseltrofee |
Beste veldatleet: spronge |
Albertus Richter |
Junior |
|
Leo Belt Splicing Sevices Wisseltrofee |
Divan Clur |
Senior |
|
|
Switchgear Wisseltrofee |
Beste veldatleet: worpe |
Louis Theron |
Junior |
|
|
Andries Schutte |
Senior |
|
|
Steenkamp Wisseltrofee |
Beste Baanatleet |
Nico Jonker |
Junior |
|
Carel Hancke Wisseltrofee |
Divan Clur |
Senior |
|
|
Chreq Safety Sevices Wisseltrofee |
Beste hekkiesatleet |
Hendrik Susan |
Junior |
|
|
Vuyo Shabangu |
Senior |
|
|
|
Veelsydigste atleet |
Andries Schutte |
JNR / SNR |
|
|
Victor Ludorm |
Hendrik Susan |
Junior |
|
|
Divan Clur |
Senior |
|
|
Beste enkele prestasie |
Neldine Joubert |
GS D O/14 |
ALGEMEEN
Blikkieskos
Ons loods jaarliks ‘n blikkieskosprojek vir Valentynsdag. Hoogies wil wys dat ons omgee en ook in die gemeenskap betrokke is. Dié blikkies word elke jaar aan die sopkombuis geskenk.
Ons doen weer ‘n beroep op u, waar moontlik, om 2 blikkies te skenk. U kind kan dit by sy/haar registeronderwyser ingee.
Baie dankie dat ons weereens op u kan staatmaak!
OMSENDSKRYWE 1
20 Januarie 2012
KWARTAALPROGRAM
Vir u gerief word die kwartaalprogram hierby aangeheg. (Sien "Kalender")
MATRIEKUITSLAE
Ons gee graag die uitslae aan u deur:
Ses onderskeidings: Elaine le Roux
Vyf onderskeidings: Reinhard Becker
Carmi Brits
Amanda Smit
Hugo van Zyl
7 Leerlinge slaag met vier onderskeidings elk.
7 Leerlinge slaag met drie onderskeidings elk.
21 Leerlinge slaag met twee onderskeidings en 34 met een onderskeiding elk.
93% van die kandidate kan graad of diploma studeer.
Baie geluk aan al die leerders en hul ouers met mooi uitslae.
Vakgemiddeldes: 4 vakke met ‘n vakgemiddeld van bo 70%
7 vakke met ‘n vakgemiddeld tussen 60 en 70%
7 vakke met ‘n vakgemiddeld tussen 50 en 60%
3 vakke met ‘n vakgemiddeld tussen 45 en 50%
Baie geluk aan al ons onderwysers vir harde werk.
Sterkte en voorspoed vir 2012!