Oud-Hoogies

Christiaan Karl-gedenktuin

 

Chistiaan Karl was 'n uitblinker-leerling van Hoërskool Hoogenhout. In 2009, in sy graad 11-jaar, is hy tragies oorlede a.g.v. 'n aneurisme. Die ouers en leerlinge wat daardie jaar die matriekafskeid gereël het, het besluit om 'n gedenktuin ter herinnering aan hom op te rig. Die name van leerlinge wat tydens hulle skoolloopbaan sterf, gaan hier aangebring word.

Op Vrydag, 28 Oktober 2011, is hierdie gedenktuin onthul. Dit is waargeneem deur Dr. Henk Grobler. Christiaan se ouers en broer was teenwoordig tydens die geleentheid.

          

 

Prestasies van oud- Hoogies

Baie geluk aan die volgende oud - Hoogies met besondere prestasies behaal:

Deon Grobler - Doktorsgraad in Besigheids Administrasie

Helena Malan - Meestersgraad in Maatskaplike Werk

Lizeri Mitchell - Gekies as HK - lid van Kasteel Dameskoshuis (Pukke)

Prof. Dr. Gerrit J Viljoen: Ontvang in 2005 die Nobel Vredesprys / Nobelprys wenner in 2005

 

 

OUD-HOOGIE BOND

Kliek op die "b-Smart" ikoon en ontdek 'n nuwe wêreld by Hoogenhout.

 

                    AANSOEKVORM