KULTUUR 2012
ARGIEF: 2011
Landsdiens
Landsdiensbeweging
Nasionale Kamp 2-7 Oktober 2011
Winkelspruit

'n Groepie van Hoogies se leerlinge is gekies om Mpumalanga by die Landsdiens se Nasionale Kamp te verteenwoordig. Hulle was
Magitte Menge, Theresa Theron, F.G. Fourie en Llandré Lloyd.
Magitte vertel:
Ons het Sondag oggend , 2 Oktober 2011 om 03:00 vertrek na ‘n heerlike kamp te Winkelspruit!
Ons het die middag 4 uur veilig ons bestemming bereik en het dadelik begin afpak. Kwa-Zulu Natal het die jaar Nasionaal aangebied. Hulle het ons vriendelik verwelkom en baie tuis laat voel. Ons was in groepe in verdeel en het ons kamernommers gekry. Nadat almal klaar nes geskrop het, het ons ‘n ken-mekaar aktiwiteit gehad waar ons net bietjie meer oor mekaar kon uitvind.
Ons het in die aande tot laat saam liedere gesing en onsself net geniet! Ons het elke oggend 06:00 opgestaan en reggemaak vir die dag. Ons het elke oggend ‘n heerlike ontbyt gekry (beter as enige kamp s’n sover). Ons het die dag op ‘n gepaste wyse begin deur te open met skriflesing en gebed. Ons het dan ons dag se aktiwiteite begin.
Maandag het ons”Beach Games” gehad wat hope pret was!
Ons het handewerk ook as ‘n aktiwiteit gehad waar ons inkopiesakke gemaak het uit herwinbare materiale.
Maandag- aand het ons Streekvoorstellings en Bingo gespeel. Mpumalanga het die meerderheid leerlinge in Landsdiens. En soos gewoonlik was dit die jaar weer so!
Dinsdag het ons Strand Ekologie gehad. ‘n Tannie het met ons kom praat en ons meer vertel van al die see-lewe. Ons het baie geleer! Later die dag het ons ‘n “Landfill” besoek - die tema was "Re-use Reduce Recycle" so die "landfill" het ons meer geleer oor hoe om te herwin.
Woensdag het ons op ‘n bootrit gegaan en daarna "Ten Pin Bowling" gaan speel. Die aand het ons om ‘n kampvuur gesit en liedjies gesing en koffie gedrink. Ons het elke aand eers na 12 in die bed gekom.
Donderdag het ons almal vertrek na Ushaka Marine World toe! Ons het die hele dag daar deurgebring en kon onsself net geniet! Het baie geleer en dit baie geniet!
Vrydag oggend het ons 12:00 vertrek. Nadat almal gegroet het en afsluiting gehad het, het ons weer die langpad huistoe aangedurf. Ons het veilig weer teruggekom.
Die kamp was beslis die moeite werd en ‘n belewenis wat jy self MOET ervaar! In Landsdiens gaan dit nie net oor “Fun” hê nie maar wel jou Liefde vir God, Medemens, Natuur en Arbeid.
Jy groei geestelik op die kamp en verander jouself as mens.
Landsdiens 2011!!!
Weet sommer 2012 s’n gaan net BETER wees!!!
Trotse HOOGIE Landsdiens.

Donderdag, 1 September en Vrydag 2 September
Hoërskool Hoogenhout se toneelgroep het hulleself oortref met die opvoering van Lizz Meiring se pantomine, Doringrosie van Roosfontein. Baie dankie aan elke leerling, ouer, onderwyser en borg wat dit moontlik gemaak het.
Hoogie-wees is voorwaar 'n fees!
Karakters:
Koning Doring Koningin Rosie Prins Disselblom Doringrosie Ta'matie Hofmeester Dom Om
Emile vd Merwe Bridget Grobler Johan Stafleu Johanke Smith Dalene Grobler F.G. Fourie Cara Potgieter Kyla Joubert
Hofknaap Bilhartsia Mini-B Amnesia Fee 1 Fee 2 Mime Mime
Anece du Toit Angelique Swart Erika Venter Julia Wilkins Kimberlee Pearce Hanri Boshoff Bianca Barnes Zanlé Storm
Hofmeester en hofknaap "Mimes" Om en Dom
"Fee- federasie" Bilharzia en Mini-B Koning en Koningin van Roosfontein
Amnesia Skoonmakers en Ta'matie Prinses Doringrosie
Redenaars
Interhoër Redenaars 2011
Die Interhoër Redenaars is op 16 Augustus 2011 deur Hoërskool Standerton aangebied. Dieselfde skole wat tydens die Interhoër Atletiek teen mekaar meeding, ding mee tydens die Interhoër Redenaars. Elke skool het twee Junior sprekers (Gr. 8 - 10) en twee Senior sprekers (Gr. 11+12).
Dalene Grobler (Gr. 10) is aangewys as die beste Junior spreker van die dag en saam met haar sussie, Bridget Grobler (Gr.8), is hulle aangewys as die beste Junior span. Hoërskool Hoogenhout wen dus die Junior afdeling van die Interhoër Redenaars.
Baie geluk! Hoogies is trots op julle!
DEURNAG & BAADJIES OORHANDIGING
GR 8's 2011
ARGIEWE
VELDSKOOL 2010