
TOETSROOSTER
KWARTAAL 1
| GRAAD 12 | GRAAD 11 | GRAAD 10 | GRAAD 9 | GRAAD8 | |
| DINSDAG 21 FEB | AFR | AFR | AFR | AFR | AFR |
| DONDERDAG 23 FEB | ENG | ENG | WISK | ENG | ENG |
| DINSDAG 28 FEB | GASVRYHEID SIVIELE TEG | GASVRYHEID LANDBOU | GASVRYHEID ING | WISK | WISK |
| DONDERDAG 1 MAART | LEWENSWET | LEWENSWET | ENG | NW | NW |
| DINSDAG 6 MAART | EKONOMIE AARDRYKSKUNDE | TOERISME | LEWENSWET | EBW | EBW |
| DONDERDAG 8 MAART | BEDRYFSKENNIS ING | BEDRYFSKENNIS ING | EKONOMIE SIVIELE TEG | MSW | TEG |
| DINSDAG 13 MAART | WISKUNDE WISKUNDE G | WISKUNDE WISKUNDE G | WISKUNDE WISKUNDE G | TT | MSW |
| DONDERDAG 15 MAART | FIS WET | FIS WET | FIS WET | HH & BK | TIK |
| DINSDAG 20 MAART | IT & CAT | VIS KUNS SIVIELE TEGNOLOGIE | REK DRAMA | TIK | REK |
| DONDERDAG 22 MAART | REK DRAMA | IT & CAT | TOERISME VISUELE KUNS | TEG | TT |
| DINSDAG 27 MAART | TOERISME | REK & DRAMA | IT & CAT | REK | HH & BK |
| DONDERDAG 29 MAART | LANDBOU VISUELE KUNS | EKON & AARD | BED & LANDBOU | WISK | WISK |
HULP AAN LEERLINGE & OUERS TYDENS EKSAMENS
Die eksamen is hier
en ewe skielik is jy besig om te skarrel vir notas, Red Bull soos water te drink
en middernagtelike cram-sessies in te werk.
Volgens Quinton Meiring, ’n studenteberader by Intec College, werk leerlinge
wat goed doen in hul eksamens volgens ’n wenresep.
Hulle beplan hul studiesessies vooruit, werk op gereelde tye en hou by hul studieroosters.
Quinton stel voor dat jy dieselfde plan as ’n atleet voor ’n belangrike wedloop
volg.
As jy goed wil doen, moet jy bereid wees om die ekstra ure in te sit, getrou te
wees aan jou studieplan en gefokus te wees.
Met die matriek-eindeksamens wat al in volle swang is en die ander eindeksamens
wat dié maand begin, gee Meiring ’n paar studiewenke om jou te help om daardie
ekstra onderskeiding in te palm.
WENKE:
Die eerste ding wat jy moet doen, is om vir jouself realistiese doelwitte te
stel. Dan moet jy ’n plan opstel van hoe jy dié doelwitte gaan bereik. Stel vir
jouself ’n weeklikse en daaglikse rooster op en hou daarby.
’n Rooster gee vir jou ’n breë oorsig van jou werklading en jy sal ook jou tyd
beter kan bestuur.
1. Plak jou rooster by jou studieplek op sodat jy seker kan
maak jy is op die regte pad.
2. Maak ’n punt daarvan om by jou rooster te hou. Jy gaan net
meer stres en druk op jouself plaas as jy kort voor die eksamen ’n ander
studiestrategie begin aanwend.
3. Bepaal wanneer jou konsentrasie die beste is. Party mense
werk beter in die aande terwyl ander daarvan hou om saam met die hoenders aan
die werk te spring.
4. Verdeel jou werk in kleiner werkladings en gee aandag aan
slegs een deel ’n dag, eerder as om hele vakke in een dag in jou kop te probeer
prop.
As jou
gedagtes begin dwaal . . .
1.
Kies ’n stil
plek waar niemand jou gaan pla nie.
2. Dit is belangrik om tyd opsy te sit om te ontspan, maar ’n
mens val maklik in die slaggat dat jy jouself elke dag belowe dat jy die
volgende dag harder gaan werk.
3. Vra jouself of jy regtig die tweeuur-TV-special oor Britney
se downfall moet kyk of ’n middagslapie nodig het.
4. Vermy dinge wat jy weet jou aandag gaan aftrek. Skakel jou
selfoon af, bly uit die televisiekamer en hang ’n poster op jou deur wat sê
“Moenie pla nie” as jy besig is om hard te
swot.
Wees gemotiveerd
1. Beloon jouself as jy die dag voel jy het jou verwagtinge
oortref. Hoewel jou studies jou eerste prioriteit moet wees, is dit belangrik
dat jy nie jouself moet ooreis en op die ou einde uitbrand nie.
2.
Studiegroepe kan swotsessies interessant maak. Maak net seker die swotsessie
ontaard nie in ’n kuiersessie nie.
3. Onthou om
’n tienminutebreuk vir elke uur wat jy studeer het te vat om jou brein fris en
vars te hou.
4. Plak inspirerende briefies en boodskappe by jou lessenaar
op en probeer om so positief as moontlik te bly.
Kreatiewe studiemetodes:
1. Maak jou studies aktief deur studiemetodes te gebruik soos neerskryf, teken, opsom, rympies maak of deur jou studiemaat te leer.
2. Konsentreer ten volle en moenie jou gedagtes toelaat om te dwaal nie. Dit is iets wat verbeter met oefening.
3. Moenie alles in die laaste minuut probeer baasraak nie.
MEMORISEERBEGINSELS:
1. Wees selektief wanneer jy studeer. Kies betekenisvolle inligting. Jy KAN NIE alles in besonderhede leer nie. Maak jou eie notas en fokus op wat die belangrikste is.
2. Maak assosiasies tussen nuwe inligting en dit wat jy alreeds weet.
3. Visualiseer. Probeer om stories of rolprente in jou gedagtes te skep.
4. Resiteer. Gebruik jou eie woorde om die inligting aan 'n vriend/familielid te probeer verduidelik. Gaan terug en kontroleer vir akkuraatheid en addisionele besonderhede.
Memoriseervaardighede kan aangeleer word. Daar is baie verskillende vaardighede wat jy kan aanleer om jou te help om gegewens te onthou. Hier is 'n paar voorbeelde:
Breinkaarte
Spotprente, prente, etikette
Rympies - gebruik woorde wat rym om jou te help om belangrike feite te onthou
Woordeassosiasie, sleutelwoorde, flitskaarte
Skem akronieme: bv RYKE staan vir rus, ys, kompressie en elevasie (wat om te doen wanneer iemand beseer is).
Groepeer of kategoriseer - organiseer die gegewens in logiese kombinasies.
Geheue - gebruik dit of verloor dit! (geheuestrategieë vereis oefening en dissipline).
DOELTREFFENDE EKSAMENTEGNIEKE
1. Arriveer vroeg en wees gereed om te begin.
2. Lees en VERSTAAN die instruksies.
3. Maak seker dat jy die regte eksamenvraestel ontvang het.
4. Lees die INSTRUKSIES aan die begin van die vraestel ALTYD baie noukeurig. Baie studente neem nie genoeg tyd om dit te doen nie en ontdek dan later dat hulle die verkeerde vrae beantwoord het. Moet jy net 'n sekere aantal vrae beantwoord of almal? Vra as iets nie vir jou duidelik is nie.
5. Kyk vooraf na die vrae stel en ken die tyd wat nodig is aan elke deel toe.
5. Kyk die hele vraestel deur voor jy begin skryf. Kyk hoeveel vrae daar is en wat hulle tel. Besluit watter vrae die maklikste sal wees om te doen en watter meer tyd gaan neem. Identifisser waar jy keuses het tussen vrae en besluit watter om te kies. Laat ook tyd toe om jou antwoorde na te gaan en korreksies aan te bring. As jy aan iets dink terwyl jy vooraf na die vraag kyk, skryf dit dadelik neer.
6. Pak elke vraag sistematies aan:
Lees elke vraag NOUKEURIG deur en ONDERSTREEP sleutelwoorde, VERAL WERKWOORDE wat vir jou sê wat om te doen.
Is dit 'n enkelvoudige of tweeledige vraag? Beplan hoe jy die vraag gaan beantwoord en maak 'n paar notas oor die stappe wat jy sal doen.
Party vrae kan van jou verlang om jou kennis toe te pas. Skryf jou antwoord neer in die formaat wat versoek is, bv 'n opstel, 'n program, 'n oorsig, 'n onderhoud, 'n brief, 'n berekening .... ens!
7. Skryf iets neer vir ELKE vraag.
As 'n definisie al is wat jy kan gee, doen dit! Indien die tyd min word, beantwoord die vraag puntsgewys in plaas van vol sinne. Skryf neer enigiets wat jy weet wat verband hou met die vraag.
8. Sit jou antwoorde duidelik uiteen.
Skryf leesbaar sodat die nasiener dit maklik kan lees. laat spasies tussen vrae en begin altyd 'n nuwe afdeling op 'n skoon bladsy. Maak seker dat jou vrae KORREK GENOMMER is in ooreenstemming met die vraestel.
9. Indien jy nie instaat is om 'n sekere vraag te beantwoord nie, moenie paniekerig raak en toelaat dat angs jou eksamenprestasie affekteer nie.
Vra jouself af "Wat moet ek weet om hierdie vraag te beantwoord?" en begin om jou gedagtes neer te skryf. Fokus op die taak in plaas van jouself.
10. Lees oor en doen korreksies.
Neem tyd om jou antwoorde deur te gaan. Moenie iets verander tensy jy 100% seker dat dit verkeerd is nie. Kontroleer wiskundige antwoorde. Kyk na die proses wat jy gebruik het. Maar SEKER jy het alles genoem waarvoor gevra is.
11. Bly tot aan die einde.
Moenie loop voor die opsieners jou uitgooi nie. Partykeer neem dit 'n bietjie langer voor die inlitging uit jou geheue te voorskyn kom, dus gebruik al die tyd wat aan jou toegeken word.
|
WENKE VIR OUERS |
|
Angstigheid en spanning kan 'n kind se vermoë om effektief te leer, negatief beinvloed.
|