/Boogskiet
Boogskiet 2020-07-28T06:12:46+00:00

BOOGSKIET

 

Boogskiet het by Hoogenhout begin gedurende 2019. 
 
Die sport val onder die Logan: NASP SA National Archery Schools Program South Africa. Die reëls word gevolg onder NASP, wat ook deur skole reg oor die wêreld beoefen word. Die reëls is duidelik, en is so opgestel dat veiligheid prioriteit is. 
 
Ons bied dit hier aan by Hoogenhout. Ons leerders neem deel aan kompetisies wat aangebied word hier by Hoogenhout, ander skole in Mpumalanga en ander provinsies. 
 
Die skool beskik oor toerusting om leerders op te lei, ons het ook die nodige fasaliteite vir oefening. 
 
Die tipe boog wat gebruik word is Mathews Genesis Bow en Easton 18/20 pyle. 
 
Met die boog skiet die leerders in n Bulls eye kompetisie oefenrondte 10m, en dan drie kompetisie rondtes 10m, dan n oefenrondte 15m en drie kompetisie rondtes van 15m. Dit is op ‘n standaard bullseye teiken. 
 
Dan skiet leerders ook n 3D kompetisie waar hul nagemaakte diere skiet, op 10m, 11m, 12m, 13m, 14m en 15m. Die nagemaakte diere is: ystervark, vlakvark, bosvark, bobejaan, hiena, duiker. 
 
Die sport groei vinnig, en enige leerder wat belangstel om boog te skiet kan deelneem aan die sport. Dit leer die kinders om te fokus, dissipline te handhaaf en hou leerders fisies gesond. Leerders vorm vriendskappe met mekaar en leer deursettingsvermoë. Hulle leer om doelwitte te maak en hard te werk om suksesvol te wees. 
 
Gedurende 2019 het ons ses leerders gehad wat provinsiale klere gekry het:
 
  • Johan Jonk
  • Schalk Pienaar
  • Ryno De Gouveia
  • Zane Eekhout
  • Mariska van der Merwe
  • Logan Oosthuizen 
 
 Enige leerder van Hoogenhout kan deel word van Hoogenhout se boogskiet span.