/Hengel
Hengel 2018-06-28T16:01:24+00:00

Hoogenhout het sedert 2016 ‘n Hengel span. Daar word deelgeneem aan die Noord Oos Mpumalanga (NOM) Skole Hengel Liga. Die volgende skole word verteenwoordig in die liga:

 

  1. Hoogenhout
  2. Ermelo Hoërskool
  3. HTS Middelburg
  4. Middelbug Hoërskool
  5. Kanonkop
  6. Ligbron
  7. Kriel
  8. Lydenburg
  9. Middelburg Gekombineerd

 

‘n Hengel span bestaan uit 4 lede. Daar kan meer as een span ingeskryf word. Die span met die hoogste punt, bepaal die posisie van die skool op die dag. Die liga word gehengel onder die reëls van SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater oewerhengel Federasie). Die Skole liga dien as ontwikkeling van die hengelaars, en die hengelaars kan aan die NOM proewe deelneem om in ag geneem te word vir die NOM spanne. Daar is 4 Ligas per jaar, en 4 proewe per jaar.

 

Die gemiddelde aantal hoërskool hengelaars by ‘n liga is 60. Damme in die omgewing wat gebruik word is die volgende:

  1. Ons Pan – tussen Ermelo en Amersfoort
  2. Grootdraai
  3. Chrissiesmeer
  4. Eilandmeer
  5. Te Water se Pan
  6. Privaat damme soos beskikbaar van tyd tot tyd

 

 

 

2018

Na die eerste ligakompetisie is Hoogenhout die voorlopers.

FR Herselman het ‘n tweede plek behaal en Ruan Siemens is vierde.

Vlnr: (voor) Jannes van Tonder, Juanita Abrie, Pieter Bronkhorst, Dillon Otto. (agter) Fr Herselman, Wilner vd Westhuizen, Louis J v Niewenhuizen en Ruan Siemens .

 

Die Hoogie hengelaars presteer mooi en het tweede geëindig in die laaste ligabyeenkoms.
Dillon Otto het die kompetisie gewen.

FR Herselman neem deel aan die SAVOF Spele wat in die Vaaldam gevang was. 2 Hengelaars word opgeneem in die NOM Werp spanne wat in Julie aan die Werp SA’s gaan deelneem. Hulle is Dillon Otto & Juanita Abrie.

FR Herselman, Ruben Herselman, Dillon Otto en Juanita Abrie word verkies tot die NOM Junior Spanne wat aan die SAVOF Junior SA’s sal deelneem in Desember te Bloemhof. Ruan en Lelanie Siemens is ook verkies, maar het onttrek.

 

2017

Juanita Abrie is aangewys as die kampioen hengelaar in die afdeling vir dogters in die Noord-Oos Mpumalanga streek.

Hoogenhout kom algeheel 5de vir die jaar. FR Herselman, Ruan Siemens, Bernard van der Vyver & Juanita Abrie word opgeneem in die onderskeie NOM Spanne wat in Desember 2017 aan die SAVOF Junior SA’s deelneem te Bloemhof Dam.

 

2016

Hoogenhout kom algeheel 3de vir die jaar. FR Herselman, Ruan Siemens & Bernard van der Vyver word gekies vir NOM O/19 span wat aan SAFOV Junior SA Toernooi deelneem in Desember 2016 te Bloemhof Dam.