/Eeufees
Eeufees 2018-06-22T10:01:41+00:00

Eeufees

 

 

HOOGENHOUT WORD ‘N 100 JAAR OUD!

 

Aan die einde van ‘n kind se skoolloopbaan het honderde mense saamgewerk om ‘n gebalanseerde jongmens die wêreld in te stuur.

Hoërskool Hoogenhout is dankbaar om deel te wees van die bouproses van elke leerling. Geen muur sal staande bly as die bouwerk nie deeglik gedoen word nie. Waardes is ononderhandelbare boustene!

Respek
Trots
Lojaliteit
Integriteit
Hoflikheid
Eerlikheid
Omgee
Uitnemendheid
Verdraagsaamheid
Betrokkenheid
Betroubaarheid

“…maar Hoogenhout het ons gekies, ons keuse is welgedaan.”

Die trappe na die tweede verdieping van ons skoolgebou is almal duidelik uitgetrap – deur duisende voete wat dit al vir ‘n eeu gebruik. Wat sou hierdie trappe en mure, stoepe en gange nie alles kon vertel as hulle kon praat nie?
Dit is ‘n trotse mylpaal vir ‘n skool om sy honderdste bestaansjaar te vier. Ons sien so daarna uit om al die oud-Hoogies in 2018 by die skool te ontvang en julle deel te maak van die feesvieringe. Ons wil graag na julle stories luister. Ons hoop dat die Eeufees die geleentheid sal skep om ou vriendskappe te hernu en nuwe vriende te maak.

Raak nou reeds betrokke! Deel julle herinneringe en raak nostalgies oor die verlede!

PROGRAM 2018

31 Januarie Top 10 Atletiek
10 April  Inhuldiging van Beeld (Leerling
14 April Informele kuiergeleentheid
17 Mei Classic Clash: Gholfdag
18 Mei Opelug – piekniek met Jan Braai
19 Mei Classic Clash vs. Ermelo
21 September Black Tie Dinee
22 September Massa Reünie
23 September Gesamentlike kerkdiens

 

Feesdinee 21 September 2018

 

 

‘n Wonderlike Geskenk

Hoërskool Hoogenhout se eerste hoof was Mnr. P.I. Hoogenhout. Een van sy kleinseuns, Imker Hoogenhout, het in Mei die skool besoek om ‘n spesiale oorhandiging te doen. Hy het die tas wat sy oupa in 1921 as afskeidsgeskenk van die skool ontvang het aan ons geskenk.

 

Gholfdag 2018

Hoërskool Hoogenhout het die 17de Mei ‘ n baie geslaagde gholfdag aangebied.

Dankie vir die ondersteuning en baie geluk aan die wenners.

Wenspan: J.Smit, S van der Berg, J. Mans en J. Smit.
Tweede: W. du Plooy, MG Snyman, K. Boshoff en J. Fouché
Derde: J. Sisa, J. Wolfaard, VW Shabangu en D. van Tonder.

Verste dryf: Collin Odendaal

Nearest to the pin: John Smith

 

100 Jaar Vlootoptog – 10 April 2018

Kinders hou n vlootoptog deur die dorp ter viering van Hoogenhout se 100jarige bestaansjaar.

(Foto’s: Mariska Kotze en Arno Els)