/Skyfskiet
Skyfskiet 2019-06-13T10:05:51+00:00

Skyfskiet

By Hoërskool Hoogenhout word ons leerders die geleentheid gebied om individueel en in spanverband hulle passie vir skyfskiet ten volle te ontwikkel. Jy moet baie goeie konsentrasievermoë en senuwees van staal hê om ‘n kampioen-skut te wees. Dit is hier by Hoogenhout waar jy die geleentheid sal kry om hierdie vaardighede ten volle te ontwikkel.

Hoogenhout het nog altyd kompeterend meegeding op die skietbaan. Skyfskiet word aangebied vir seuns en dogters, ons het O/14 , O/16 , en O/21 spanne.

Hoofafrigter: B. Greyling

Hulpafrigter: G. Helberg

Skoolverteenwoordiger: M. Bisset

Daar word luggewere soos lugselinders en windbukse binnenshuis op 10 meter gebruik. Hoogenhout ding mee in ‘n totaal van 7 kompetisies gedurende die jaar. Punte van die beste 4 kompetisies word gebruik om skuts met die hoogste telling uit te nooi na die Mpumalanga finaal. Dit is waar ‘n Mpumalangaspan gekies word. So verwerf die skuts Mpumalanga kleure. Verskillende provinsies neem dan deel op Nasionale vlak waar die SA-Luggeweer skietspan gekies word. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om Nasionale-kleure te verwerf en in Amerika te gaan meeding.

Hoogie skuts presteer jaarliks uitstekend. Daar word met groot verwagtinge na volgende jaar uitgesien. Skyfskiet is ‘n sport wat gerus by Hoogenhout dopgehou kan word.

Eerstespan 2019

2018 – Hoogie-skuts presteer!

Monique du Preez, Heinro Helberg en Reyner du Preez het aan ‘n interprovinsiale skietkompetisie in Middelburg deelgeneem en goed gevaar teen skuts van Mpumalanga en Kwazulu Natal.
Reyner eindig 11de, Monique 8ste en Heinro in die eerste plek!

Die kompetisie was ook proewe vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Skutters Unie-span wat in Augustus na Engeland sal toer.