/Gholf
Gholf 2019-06-13T10:01:11+00:00

Hoërskool Hoogenhout Gholf

 

By Hoogenhout het ons entoesiastiese gholfspelers wat graag kompeterend deelneem.

Hoogies neem jaarliks aan die Gert Sibande Liga deel in Mpumalanga. Die liga vind plaas gedurende die maand van Mei. Hierdie liga bestaan uit ‘n A-liga (Leerders met ‘n enkelsyfer voorgee) en ‘n B & C-liga afsonderlik.

Leerders wat aan die skool se gholfliga wil deelneem, moet ‘n amptelike voorgee hê, en geaffilieer wees met ‘n gholfklub.

Eerstespan 2019

Baie geluk aan die gholfspelers met hul uitstekende prestasies!

Brendan Moller, Henco Yzelle, Henro Lewies en Derick Human is gekies om Mpumalanga Junior Gholf te verteenwoordig by ‘n interprovinsiale toernooi wat op Sondag, 28 April plaasvind in Gauteng.

Brendan is tans nommer 4 op die Mpumalanga Junior ranglys, terwyl Henco nommer 8 is. Derick beklee die sewende plek op die O/17 ranglys en Henro nommer 4 by die O/15’s.

Prestasies in 2017:

Lelanie Weber is die jaar in die Mpumalanga span opgeneem wat aan die “Nomads SA Girls-Kampioenskappe” gaan deelneem het.

 

Afrigter:

Mnr. Kenneth Myburgh is ‘n passievolle afrigter en gholf entoesias wat sy speler se potentiaal ontwikkel en hulle in staat stel om hulle gholf vaardighede na die beste van hulle vermoëns te ontwikkel.

Kontak Besonderhede:

Afrigter:                Kenneth Myburgh

Tel:                         062 601 0729

Email:                    myburghk@gmail.com