/Tennis
Tennis 2018-06-21T07:30:10+00:00

Tennis

Hoogenhout het nog altyd kompeterend meegeding. Oorspronklik het ons op Vrydagmiddae ligawedstryde gespeel as deel van die wintersport se liga. Tydens die eerste Super 16-reeks waaraan ons deelgeneem het, was tennis een van die sportdissiplines. Ons het Vrydae regoor die hele ou Transvaal deelgeneem, en goed gevaar.

In die huidige reeks is tennis nie deel van die reeks nie. Ons het die laaste vyf jaar begin om die liga oor drie dae af te handel, hoofsaaklik omdat ander sportsoorte en provinsiale oefenige al die skole benadeel het. Die liga vind in Augustus plaas – vanjaar: 10-12 Augustus

Die bekende inwoner en veteraan Springboktennisspeler, Maud Human, se kinders, en nou ook kleinkinders het almal vir ons gespeel. Ons onthou die Coetzee-broers van Leandra, al die Geldenhuyse, Susans, Saaimans, Beckers- te veel om op te noem.

AFRIGTER: Pieter Opperman

NOMMER: 079 607 8563

 

2018 LIGA

Die liga vind op die 13de en 14de Augustus plaas te Secunda.

Hoogenhout gaan twee seuns- en twee dogtersspanne inskryf. Hierdie spanne sal in die derde kwartaal gefinaliseer word.

 

UITSLAE 2017 LIGA

1ste Seunsspan Eindig 4de uit 8 skole
1ste Dogterspan Eindig 5de uit 8 skole
2de Seunsspan Eindig 2de uit 7 skole
2de Dogterspan Eindig 6e uit 6 skole