/Krieket
Krieket 2020-06-22T10:45:58+00:00

Krieket by Hoogenhout

 

Hoogenhout bied krieket vir 0/14’s, 0/15’s, ‘n 2de span en 1ste span aan.  Ons neem ook deel aan die Mpumalanga liga.

Ons T20-span bestaan uit spelers van verskeie ouderdomme o/14 – o/19.

Vanaf 2004 kry elke seun wat vir die eerste krieketspan speel ‘n “ere” nommer en dié nommer bly by die seun se naam vir altyd.

Die jaar wat hy krieket vir die 1ste span speel word die nommer agter op sy kriekethemp gedruk saam met sy naam.

Hoogenhout se fasiliteite bied twee kolfblaaie met velde. Ons het ook 3 oefennette waar juniors kan oefen, 4 nette waar seniors kan oefen en binnehuise nette.