/Netbal
Netbal 2019-06-13T10:03:40+00:00

“Hoogie-netbal”, ‘n woord wat ryk is aan betekenis.

Hier ontwikkel ons gesonde afgeronde dames in ‘n sportsoort waarbinne besluite binne 3 sekondes gemaak moet word. Dogters leer om binne reëls te funksioneer en om alles met ‘n glimlag aan te pak. Hier dra hulle mekaar se laste en spanwerk word deel van hulle lewe. Hierdie besondere groep word gelei deur afrigters wat ‘n liefde vir die sport het.

Eerste netbalspan 2019

Provinsiaal

Baie geluk aan Iné Pieterse wat gekies is vir die Mpumalanga O/16 A – netbalspan.

Eerste netbalspan 2018

Tans word die eerstespan afgerig deur Me. Nicoleen Smit. Sy is ‘n vlak 2 afrigter. Sy rig reeds vanaf 1995 netbal af. In hierdie tydperk kwalifiseer haar span drie keer vir Noordvaal (Top Skole) en is ook Mpumalanga wenners by die Provinsiale-kampioenskap. Sy het ook vir ‘n aantal jaar provinsiaal afgerig en ontvang twee silwer- en ‘n goue toekennings by SA-toernooie met verskeie van haar spanne.

 

Die eerstespan en die o/15A span is beide wenners van die Mpumalanga Mediumskole Kampioenskappe en die o/17A span is naaswenners.

Alize Coetzee, Anuschka Roux, Inge Botha, Ntokokozo Motha, Ine PieterseMauresmo Bruce en Ansché van der Merwe is ingesluit in die Gert Sibande netbalspanne wat sal deelneem aan die finale Mpumalanga proewe.

Deel van die afrigters span is:

Corette Jonk : 2017 – Provinsiale wenners.

Hanlie du Plessis : Twee jaar Provinsiale wenners met verskeie spanne. Sy besit ‘n SA-skole Netbal C plus-gradering.

Theorene Janse van Rensburg : Provinsiale afrigter vir ‘n jaar. Sy besit ‘n NSA B plus-gradering.

Amilia Wehmeyer : Besit ‘n Provinsiaal D plus-gradering.

Liezl Mans : Besit ‘n Streeks C-gradering.

Tarina Swanepoel

Marinda Richter

Celeste van den Bergh

Monique Botha