/Rugby
Rugby 2020-06-22T10:50:47+00:00

Hoogies Rugby

Hoogies het al jare ‘n passie vir rugby en streef daarna om elke speler se volle potensiaal te ontwikkel.

Hoogenhout se rugbygeskiedenis het begin  in 1919 toe leerders per trein gereis het na nabygeleë dorpe soos Ermelo om teen H/S Ermelo mee te ding. Hoogenhout het in 1922 in die Direkteurs-finaal (in Hoogenhout se 3de bestaansjaar) gespeel teen Boys High en ongelukkig die stryd 24-3 verloor. Die Direkteurstrofee staan vandag as die Noordvaal Virseker beker bekend.

Hoogenhout het in 2002 in die Beeldtrofee finaal gespeel teen H/S Brandwag en 2de geëindig.

Hoërskool Hoogenhout het tans 9 rugbyspanne:

o/14 A en B

o/15 A en B

o/16 A en B

1ste-, 2de- en 3de- span

Ons neem aan die Vaal-Pukreeks deel as ons voorseisoenkompetisie ter voorbereiding vir die liga. Die o/14A-, o/15A-, O/16A-, en eerstespan toer jaarliks tydens die April-vakansie. Hoogenhout speel in die Noordvaal medium-skole liga.

 

Fasiliteite:

Hoogenhout het 3 rugbyvelde met die A-rugbyveld wat spreiligte het. Die rugbyseuns kan gebruik maak van ons gimnasium op die skoolterrein.