/Atletiek
Atletiek 2018-06-21T10:40:12+00:00

Hoogenhout Atletiek

Atletiek is ‘n trotse deel van Hoogenhout se geskiedenis. Ons atlete het nog altyd besondere prestasies behaal, nie net op die plaaslike en provinsiale vlak nie, maar in nasionale en internasionale geselskap ook.

Name wat onwillekeurig by ‘n mens opkom is Riaan Dempers, Handri en Merize Theron, Josef van der Linde, Llewellyn Herbert en Elandrie Drotsky.  Sekerlik een van die grootstes was Llewellyn Herbert wat na skool brons en silwer by die Wêreldkampioenskappe en Olimpiese spele verower het.

‘n Nuwe geslag atlete maak nou naam.

2018

Baie geluk aan die volgende Hoogies wat in die Mpumalanga spanne ingesluit is en aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het.

Damian Losper : 100m, 200m en 110hekkies.

Franci Louwrens: 100 hekkies en hoogspring

Marizelle Venter: 400 hekkies en 400m

Chanté Koen: 100m

Hanno du Plooy: Gewigstoot

Damian Losper het ‘n besondere prestasie behaal deur die Mpumalanga rekord in die 110 hekkies te verbeter. Hy was die beste senior atleet (baan en veld) by die Mpumalanga kampioenskappe.

2017

In 2017 het 8 Hoogie-atlete aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem.  Damian Losper wen 3 medaljes – silwer in 110m hekkies; brons in die 100m en brons in die medley aflos.  Coetzee Richter is deel van die 4 x 400m aflos wat goud gekry het.

Inge van der Merwe is ‘n uitstaande hekkies-atleet en het tussen 2013 en 2017 verskeie medaljes op nasionale vlak gewen.

Drie oud-Hoogies, almal uitstekende atlete, rig met groot passie en ywer af. Hulle is Andries Burger, Anton de Jager en Marius Burger.

Hoërskool Hoogenhout SPOG met 8 atlete in die Mpumalanga span!!

  • Jaco Roelofse – 400m hekkies
  • Inge van der Merwe – 100m en 100m Hekkies (nuwe Mpumalanga rekord van 13.73)
  • Anso Jordaan – 400m
  • Damian Losper – 400m
  • Franci Louwrens – 100m Hekkies en Hoogspring
  • Coetzee Richter – 400m en 400m Hekkies
  • Chantè Koen – 100m en 200m
  • Marizelle Venter – 400m

Ons eindig 4de van 8 skole met die 2017 Interhoër en wen die Geesbeker.

Medaljes vir die dag:

  • 21 goue medaljes
  • 22 silwer medaljes
  • 12 brons medaljes

Trofees vir die dag:

Inge van der Merwe ·         Beste senior dogter hekkiesatleet
Damian Losper ·         Beste senior seuns hekkiesatleet

·         Beste senior seuns naelloper

 

–                                   –