/Skooldrag
Skooldrag 2017-08-21T06:17:53+00:00

SKOOLKLERE EN SPORTDRAG:

Skoolklere, sweetpakke en atletiekdrag vir atlete is by die skool beskikbaar.

DOGTERS

SOMER

Kleurbaadjie: Vasgestelde kleurbaadjie met skoolwapen.
Skoolbloes: Amptelike skooldrag: Die romp se lengte word bepaal deurdat, as die dogter op haar knieë staan, die soom 5cm van die grond moet wees.
Das: Skooldas met skoolwapen.
Kouse: Skoolkouse wat omgeslaan moet word.
Truie: Skooltrui kan by leweransiers verkry word. ‘n Moulose oortrektrui kan saam met die romp gedra word.
Skoene: Swart skoolskoen (bv. Baby Dolls – geen toerygskoene nie)

 

WINTER

Skoolbloes: ‘n Wit dashemp met kort moue.
Das: Skooldas met skoolwapen.
Kouse: Blou gebreide skoolbroekiekouse (sykouse)
Trui: Skooltrui kan by leweransiers verkry word.
Kleurbaadjie: Vasgestelde kleurbaadjie met skoolwapen
Skoene: Swart skoolskoen (bv. Baby Dolls – geen toerygskoene nie)
Langbroek: Amptelike langbroek soos voorsien deur ons verskaffer van skooldrag.

 

SPORTDRAG:

Soos voorgeskryf vir elke sportsoort en verkrygbaar by Jasworth en die klerewinkel op skoolterrein.

 

HAARSTYLE:

Hare mag nie los hang wanneer dit lank is nie. Sodra hare die onderkant van die kraag raak, word dit beskou as lank.

Hare mag nie gekleur word nie. Slegs wit, groen of blou linte, haarstrikkies en rekkies mag gedra word.

Geen “wet-look” is aanvaarbaar nie

 

NAELS:

Netjies en vesorgde naels met slegs kleurlose naellak. Wanneer die hand in die lug gehou word, mag die naels nie oorsteek nie.

Slegs graad 11 en 12 dogters mag “French manicure” dra, maar naels mag nie oorsteek nie.

 

GRIMERING:

Geen grimering by skooldrag nie.

 

JUWELIERSWARE:

Geen, met die uitsondering van ‘n seëlring. Wanneer daar gaatjies in die ore is, mag klein oorbelletjies (goudknopies of hoepeltjies, nuwe 20c-grootte en die hoogenhout-wapen oorbelle beskikbaar by die skool) gedra word. Die WWJD-bandjie mag ook nie by skooldrag gedra word nie.

 

SEUNS

SOMER

Kleurbaadjie: Vasgestelde kleurbaadjie met skoolwapen (verpligtend)
Das: Skooldas met skoolwapen saam met kortmouhemp.
Hemp:   Wit skoolhemp.
Broek:   Kort of lang “charcoal” broek van terilene of sajet.
Kouse: Skoolkouse lank indien kortbroek gedra word.
Skoene: Swart toeryg skoolskoene met ronde punt toelaatbaar, geen skerp-punt, kerk-of-modeskoene word toegelaat nie. “Grass Hoppers” is toelaatbaar mits dit swart is. Slegs die volgende “Grass Hopper”- stye is toelaatbaar: “Original style Lace up black en Moccason Softee black G/H Style.” Geen suede- ,vel-, seilskoene of skoene met gespes of dik sole is toelaatbaar nie. Die Bronx “slip on basic formal black” is die enigste “slip on” – skoene wat toelaatbaar is. Die Bronx “lace/up basic formal”, word aanbeveel. Verder is enige ander toerygskoolskoene met ronde-punt toelaatbaar.

 

WINTER

Soos in die somer en daarby:

Trui: Langmou-skooloortrektrui. By leweransiers verkrygbaar.

 

SPORTDRAG

Soos voorgeskryf vir elke sportsoort en verkrygbaar by Jasworth en klerewinkel op skoolterrein.

 

HAARSTYLE:    

Hare moet te alle tye netjies gekam en gesny wees. Geen “steps, mullets, bedheads” of enige ander uitheemse haarstyle word toegelaat nie. Hare moet kort wees om die ore en mag nie aan die ore raak nie. Hare moet kort en skoon in die nek wees en mag nie aan die hempskraag raak nie. Hare mag agter in ‘n vierkantige snit gesny wees mits dit aan die skoolreëls voldoen. Die kuif moet te alle tye een vinger-breedte van die wenkbroue af wees. Die kuif mag nie net weggekam word nie. Bo-op die kop mag die hare nie langer as drie vinger wees nie. Geen bakkebaarde nie.

 

ALGEMEEN:

(Seuns) Alle hangertjies en armbande is taboe, behalwe mediese hangertjies/armband vir bv. allergieë. Geen prentafdrukke van “helde” op skoolhemde nie. Gekleurde T-hemde onder wit skoolhemp is nie toelaatbaar nie.

 

DRAG BY FUNKSIE:

Die drag na skoofunksies of sportbyeenkomste van die skool is die voorgeskrewe skooldrag, tensy die hoof vir ‘n spesiale byeenkoms dit anders bepaal.