/Wie is ons?
Wie is ons? 2017-08-21T06:26:05+00:00

By Hoogenhout streef ons daarna om ons leerders toe te rus met vaardighede om die uitdagings van die toekoms dapper en vasberade aan te pak en so ook ‘n positiewe bydrae tot ons land en toekoms te maak. 

Ons stuur ons leerders in die wêreld in, deur sterk waardes toe te pas; waarvan respek, lojaliteit, integriteit, uitnemendheid en ywer ons fondasie is.

Ons vernuwe ons leerders se denke deur hulle selfdissipline te leer en ook die vermoë om met die relevante uitdagings die regte besluite te neem – in hulle persoonlike lewens sowel as by die skool.

Kreatiewe denke word in elke faset van die skool aangemoedig.

Ons streef daarna om elke leerder te laat besef dat sy grootste kompetisie hyself is, en dat jy jouself deurlopend, dag na dag moet probeer verbeter. Vir ons Hoogies is die belangrikste prestasie om beter te wees as die persoon wie jy gister was. So bou ons trots, ons skool, Hoogenhout.

Non Sibi Sed Patriae (Nie vir ons nie, maar vir ons Vaderland)

 

Van ons Hoof, mnr. Danie Grobler:

Die rol en invloed  van hierdie skool strek veel verder as net “ ‘n skool”.

Elkeen het sy eie herinneringe.

Elkeen het sy eie belewenis  gehad.

Hier is vriendskapsbande gesmee.

Hier het lewenslange verhoudings hulle ontstaan gehad.

Trane is gestort, hier is geskaterlag.

Hoogtepunte op die sportveld is  beleef.

Ook teleurstellings het hier afgespeel.

Kattekwaad aangevang –  dikwels is dit met bietjie pyn opgevolg.

‘n Lang Hans en Bert Verster het hulle merke gelaat.

Rugbyballe is  uit  die brandende gebou “gered” – terwyl boeke smeulend in as vergaan.

Frikkie se lippe  is rooi gekleur.

Plafonne het in die slag gebly.

Fernandi  laat die trane rol met groettyd…

 

So het elkeen sy eie verhaal.

 

En tog kom alles hierop neer:

“Maar Hoogenhout het ons gekies

Ons keuse is welgedaan!”