|
|
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Omsendbrief 16 18 Mei 2012
AKADEMIE Die eksamenrooster verskyn op die "Eksamen"-blad. Werk ‘n studierooster saam met u kind uit en maak seker dat u kind betyds begin leer.
PROEWE Netbal Die volgende spelers is gekies vir die Mpumalanga -span:O/14 Cecile Vermaak Izandri Möller O/15 Fisiwe Ndlovu O/16 Carlien Kapp O/17 Theresa Theron O/18 Julia Wilken Sarlien de Beer Loyiso Mabusa
Skeidsregters
Mev. Hanlie du Plessis het Provinsiaal ‘n B vir skeidsregting verwerf! Sy kwalifiseer dus om provinsiale skolespanne te skeidsreg. Baie geluk, mevrou!
Hokkie
Baie geluk aan Amke Britz wat aangewys is as die Kaptein van die O/18A Mpumalanga -span!
Die volgende spelers is verkies tot die Bokkiespan: O/14 Neldine Joubert Jandri Becker Erika Botha O/16 Leanca Coetzer Larochelle Cornelius O/18 Marietjie BerghMagitte Menge Cornél Botha Maryke Becker
GHOLF Op Vrydag, 11 Mei, het ons spanne aan die eerste ligarondte deelgeneem: Die A-span eindig tweede en die B-span derde.
TENNIS Op Maandag, 14 Mei 2012, het ons spanne teen Hoërskool Volksrust deelgeneem: Ons eerste en tweede dogterspanne verloor ongelukkig. Die tweede en derde seunspanne wen teen Volksrust se eerste en tweedespanne.
WINTERSPORT Ons hokkie en rugbyspanne het op Dinsdag, 15 Mei, teen Hoërskool Ermelo meegeding. Ons gee graag die uitslae vir u: Rugby (2011 – wen 3 uit 10 wedstryde, 2012 wen 6 uit 9 wedstryde!)
Hokkie
Netbal Die eerstespan speel vriendskaplik teen Vrede en wen 23 – 22.
ALGEMEEN Net ’n paar gedagtes: Wat leer ons kinders by ons as ons negatief is oor die land waarin ons woon, as ons negatief is oor die politici, as ons negatief is oor die ekonomie, as ons negatief is oor die korrupsie in die staatsdiens? Wat leer ons ons kinders as ons negatief is oor dit wat vir u kind dalk belangrik is, of dalk belangrik behoort te wees? Negatiwiteit is ’n siekte, maar dis ook ’n keuse. Mense het ’n manier om groepe te vorm. Negatiewe praatjies trek sekere mense aan. Daar is mense wat floreer op negatiewe geselskap. Meeste gevalle is skinder die hoofsaak daarvan. Negatiewe opmerkings lei tot ’n negatiewe uitkyk, dit lei tot ure se frustrerende denke wat tot niks kom nie, dit lei tot wakker-lê in die nag, net om môre agter te kom die lewe gaan aan en min verander .Kom ons leer ons kinders om altyd positief te wees. Dit beteken nie alles sal skielik voor die wind gaan nie. Indien daar dinge is wat pla, hanteer ons dit op ’n positiewe wyse. Ons identifiseer die probleem, maar fokus op ’n oplossing. Oor die dinge waaraan ons niks kan doen nie, moet so min as moontlik gesê word. Partykeer is dit beter om stil te bly, as om kommentaar te lewer. Wanneer ons kommentaar lewer moet ons daaraan dink om dit positief te hou. Positiewe kommentaar lei tot positiewe denke, dit lei tot die soeke na ’n oplossing, dit lei tot bevrediging wanneer verbetering intree. Dit lei selfs tot opgewondenheid , na ‘n gelukkige lewe. Kom ons dink oor die waardes wat ons by ons kinders wil vaslê en strewe daarna om hierdie waardes uit te leef en sodoende die voorbeeld vir ons kinders te wees!
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Oud-Hoogies skenk geld Die oud-Hoogie Bond het 'n skenking van R 11 000 gemaak ten bate van die nuwe radiostasie op die skoolterrein. Baie dankie aan elke oud-Hoogie wat die skenking moontlik gemaak het!
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Opknap van die skool Die beheerliggaam is tans besig om spesiaal aandag te gee aan onderhoud en opgradering van die fasiliteite op die skoolterrein. ’n Prioriteitslys is saamgestel met geboue as eerste prioriteit. Die volgende indeling is gemaak: laboratoriums, administratiewe blok, saal, rekenaarklasse en ander klasse. Aandag sal gegee word aan die dakke, geute, plafonne, verfwerk, sowel as algemene instandhouding en die verbetering van die leeromgewing binne-in die klas. Ander aspekte wat met verloop van tyd aandag sal kry is: palisades, sekuriteitshekke, pawiljoene, riool, watersisteme, netbalbane, tennisbane, atletiekbaan (klubhuis, randsteen, baanoppervlak, gewigstootsirkel en tartan by verspring), krieket (klubhuis, nette en blaaie) personeelkamerkombuis en tuine (besproeiing). Indien u by enige van die projekte betrokke wil wees kan u gerus met die geboue en terreinkomitee in verbinding tree. Indien u oor enige kennis, en/of vaardighede, en/of middele beskik, of indien u enige voorstelle het wat die taak van die komitee kan vergemaklik, sal dit hoog op prys gestel word. By voorbaat baie dankie aan die komitee vir die inisiatief wat deur hulle geneem word. Die komiteelede is mnr. Marthin van Vreden, mev. Ina Pretorius en mnr. Mario Enslin. Die skoolverteenwoordiger is mnr. Andries Storm.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Visuele Kunsateljee: Skilderye te koop Die kunslokaal het ‘n dringende opgradering nodig agv die toename in belangstelling in die vak. Me. Crozier het die twee skilderye geskenk en dit word individueel te koop aangebied, die geld sal gebruik word vir die opgradering.
Belangstellendes kan die skilderye besigtig in Mnr. Grobler se kantoor.
Die kunsleerders se kunswerke vir Termyn 1 is op uitstalling in die Purple Orange Visuele Kunsateljee.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Tennis: Vrydag 18 Mei 2012 Liga Standerton Gholf: Vrydag 18 Mei 2012 Liga Tuis Netbal: Saterdag 19 Mei 2012 Streekskampioenskappe Secunda Wintersport: Saterdag 19 Mei 2012 Liga Standerton
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Besoek die " Hoogie-bond blad" om te sien hoe ons oud- Hoogies presteer. Oud - Hoogies word uitgenooi om enige prestasies wat behaal is of belangrike gebeurtenisse aan ons deur te gee. Ons spog graag met enige iemand wat verbonde was aan Hoërskool Hoogenhout.
|
|
|
|
Om 'n Hoogie te wees, is 'n fees !
|
|
|
|
SKOOLGEBOUE |
SKOOLWAPEN | HOOGIE SKOOLLIED | SEUNSKOSHUIS | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
KAFETERIA & HOTELSKOOL
HOOGIE GYM
|
![]() |
Laat elke dorp se Hoërskool
sy eie paadjie gaan, maar Hoogenhout het
ons gekies, ons keuse is welgedaan! Ons doen ons werk en kan ook speel - en grappe laat ons lag! Maar elke skof is ons tot lof, die einde van die dag. Ons blou en wit en groen! Ons naam vir speel en doen. Streef ons te hou en op te bou - Vir die Blou en Wit en Groen!
|
MEISIESKOSHUIS
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
(Jaarbeplanner beskikbaar op Kalender ikon)
HOOGIE SKOOLKLERE VERKRYGBAAR BY: JASWORTH SPORTS 16A Vuyisile Mini Street - BETHAL Tel: 017 647 2217
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
© Alle foto's en inligting in hierdie webblad is uitsluitlik die eiendom van Hoërskool Hoogenhout en mag onder geen omstandighede gedupliseer word sonder die skriftelike toestemming van die hoof van Hoërskool Hoogenhout nie. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||